OVK 'moet ingryp oor ANC se misbruik van mag'

--:--
Die Democratic Union-party sê die ANC se versoek dat die diplomatieke korps moet help met die party se veldtog in die buiteland, is 'n blatante misbruik van mag. 'n Brief deur die kantoor van die sekretaris-generaal van die ANC is in omloop waarin hy diplomatieke personeel vra om vandag aan 'n aanlyn-vergadering deel te neem om die ANC se mobiliseringstrategie vir 2024 te bespreek. Die sekretaris-generaal van die DUP, Thapelo Makgale, sê die Verkiesingskommissie moet dringend ingryp.
30 Apr 8AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Israel beweer hy is in regshinderlaag gelei

Israel het Suid-Afrika van 'n regshinderlaag beskuldig in die Internasionale Geregshof in Den Haag, in Nederland. Hulle beweer die verhoor is onregverdig weens die onbeskikbaarheid van sy gekose regsverteenwoordigers. Suid-Afrika versoek bykomende noodmaatreëls teen Israel se offensief op Rafah in Gaza. Israel se adjunk-prokureur-generaal, Gilad Noam, voer aan die beskuldigings…
17 May 8AM 1 min

Aanlyn swendelary slaan toe in Oshana

NamPol Oshana se streekbevelvoerder, kommissaris Naftal Sakaria, sê aanlyn swendelary het 'n kommerwekkende neiging in die streek geword. Dit kom nadat 'n onbekende swendelaar verlede week twee vroue van 62 en 68 jaar oud, uit onderskeidelik 50 000 Namibiese dollar en 100 000 dollar bedrieg het. Sakaria waarsku die publiek…
17 May 8AM 1 min

Nuwe selfoon-slenter steek kop uit

Verskeie swendelarye sien steeds die lig. Die nuutste is dat lede van die publiek ingelig word dat hul nommers onder iemand anders se naam geregistreer is en daar van hulle vereis word om 'n SMS-kode te verskaf. Die kode gee die swendelaar eintlik toegang tot hul bankbesonderhede. Kosmos 94.1 Nuus…
17 May 7AM 1 min

George: Bespiegeling oor ineenstorting moet end kry

Die George-munisipaliteit sê bespiegeling van nie-amptelike kenners oor die oorsake van verlede week se gebou-ineenstorting, kan die amptelike ondersoek negatief raak. Die vyf-verdieping woonstelgebou het ingetuimel en 81 bouwerkers onder die puin vasgekeer. Drie-en-dertig sterftes is bevestig terwyl 19 mense vermis word. Die munisipaliteit se woordvoerder, Ntobeko Mangqwengqwe, sê die…
17 May 7AM 1 min

Rolex sluit in SA, dis 'n slegte ekonomiese aanwyser

Rolex sluit sy kantoor in Sandton na 76 jaar in Suid-Afrika. Die maatskappy sê die sluiting is genoodsaak deur ‘n verandering in die mark wat nie meer sy teenwoordigheid in die buurland regverdig nie. Ekonoom Salomo Hei het in reaksie hierop op sy sosiale media gesê dit wek kommer omdat…
17 May 7AM 1 min