Winter behoort nie so koud te wees nie, reën kom dalk vroeg

--:--
As voorspellings hou hoef jy nie al jou warm komberse uit te pak vir die winter nie. Kenners voorspel 'n warm winter vir 'n groot deel van Suid-Afrika, weens die voortslepende El Niño-klimaatspatroon. Namibië sal ook nie erge koue ervaar nie en die weerkenner Johan van den Berg het ook uitstekende nuus oor vroeë somerreën.
30 Apr 7AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Angolese kinders op strate dalk nie Angolees

Namibië se ambassadeur in Angola, Patrick Nandago, sê die kwessies van die beweerde Angolese kinders wat in die strate van Windhoek en die noordelike dele van die land rondloop, is 'n veiligheidsprobleem. Nandago sê dat die kwessie deur albei lande bespreek word om die kinders se herkoms vas te stel…
17 May 8AM 1 min

Israel beweer hy is in regshinderlaag gelei

Israel het Suid-Afrika van 'n regshinderlaag beskuldig in die Internasionale Geregshof in Den Haag, in Nederland. Hulle beweer die verhoor is onregverdig weens die onbeskikbaarheid van sy gekose regsverteenwoordigers. Suid-Afrika versoek bykomende noodmaatreëls teen Israel se offensief op Rafah in Gaza. Israel se adjunk-prokureur-generaal, Gilad Noam, voer aan die beskuldigings…
17 May 8AM 1 min

Aanlyn swendelary slaan toe in Oshana

NamPol Oshana se streekbevelvoerder, kommissaris Naftal Sakaria, sê aanlyn swendelary het 'n kommerwekkende neiging in die streek geword. Dit kom nadat 'n onbekende swendelaar verlede week twee vroue van 62 en 68 jaar oud, uit onderskeidelik 50 000 Namibiese dollar en 100 000 dollar bedrieg het. Sakaria waarsku die publiek…
17 May 8AM 1 min

Nuwe selfoon-slenter steek kop uit

Verskeie swendelarye sien steeds die lig. Die nuutste is dat lede van die publiek ingelig word dat hul nommers onder iemand anders se naam geregistreer is en daar van hulle vereis word om 'n SMS-kode te verskaf. Die kode gee die swendelaar eintlik toegang tot hul bankbesonderhede. Kosmos 94.1 Nuus…
17 May 7AM 1 min

George: Bespiegeling oor ineenstorting moet end kry

Die George-munisipaliteit sê bespiegeling van nie-amptelike kenners oor die oorsake van verlede week se gebou-ineenstorting, kan die amptelike ondersoek negatief raak. Die vyf-verdieping woonstelgebou het ingetuimel en 81 bouwerkers onder die puin vasgekeer. Drie-en-dertig sterftes is bevestig terwyl 19 mense vermis word. Die munisipaliteit se woordvoerder, Ntobeko Mangqwengqwe, sê die…
17 May 7AM 1 min