Projek by Bernafay hervestiging-plaas skop af

--:--
Die landbou-ministerie en die Verenigde Nasies se Wêreldvoedselprogram het die Bernafay hervestiging-plaas geïntegreerde voedselstelsels-projek by Mariental van stapel gestuur. Dit sal na verwagting landbouproduksie verhoog, die plaaslike ekonomie 'n hupstoot gee en 'n langtermyn-pad vir landelike ontwikkeling en selfvoorsiening skep. Die geleentheid is deur verskeie belanghebbendes bygewoon, insluitend skenkers en omliggende kleinboere. Ndiyakupi Nghituwamata, die adjunk-uitvoerende direkteur van die landbouministerie, het by die geleentheid die rede vir die hervestiging van die boere na Bernafay gegee.
30 Apr 8AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Namibië wil digitale kloof oorbrug

Namibië het by die wêreld aangesluit om Wêreldtelekommunikasie- en Inligtingsamelewingsdag te vier onder die tema: “Digitale Innovasie vir Volhoubare Ontwikkeling”. Die dag dien as 'n herinnering aan die eindelose geleenthede wat die digitale ruimte bied, veral in hoe digitale innovasie konnektiwiteit en volhoubare welvaart vir almal kan bevorder. Adjunk-kommunikasie-minister Modestus…
17 May 11AM 1 min

Israel sê SA is bondgenoot van Hamas

Israel beweer Suid-Afrika is 'n bondgenoot van Hamas en verdraai die feite. Israel het vanoggend sy betoog gelewer voor die Internasionale Geregshof in Den Haag, Nederland, en beskuldigings verwerp dat hy hulp aan Gaza verhoed en grense sluit. Die land beskryf Suid-Afrika se beskuldigings as ongegrond en afstootlik. Die raadgewer…
17 May 11AM 1 min

Internasionale Dag teen Homofobie 'belangrik in Namibiese opset'

Die Internasionale Dag teen Homofobie, Bifobie en Transfobie word op 17 Mei gevier. Die dag het ten doel om internasionale geleenthede te koördineer wat bewustheid van LGBT-regteskendings en LGBT-regtewerk wêreldwyd verhoog. In 2016 het die herdenkings in meer as 130 lande plaasgevind. Die LGBT-gemeenskap in Namibië word geteiken in aanvalle…
17 May 10AM 1 min

Landbou-ministerie werk wel aan saadnavorsing: kenner

Namibië spandeer slegs 0,73 persent van BBP aan navorsing en ontwikkeling, is onlangs deur hoër onderwys, tegnologie en innovasie-minister Itah Kandjii-Murangi bevestig. Die wêreld-standaard is 1 persent van BBP. Volgens 'n plaaslike ekonoom veroorsaak 'n tekort aan navorsing dat verskeie sektore nie ontwikkel word nie. In landbou word daar byvoorbeeld…
17 May 10AM 1 min

Nog 'n ongeregistreerde politieke party op die toneel

Nog 'n ongeregistreerde politieke party, Action Fund, het aangesluit by die wedloop na die 2024 nasionale verkiesing. Luidens die party se manifes beloof dit om Air Namibia te heropen en dat geen studente verplig sal wees om enige geld aan NSFAF terug te betaal nie. Dit sal ook 'n werkloosheidsfonds…
17 May 10AM 1 min