Houtskoolbedryf gaan van krag tot krag

--:--
Die Namibië Landbou-unie se nuutste kwartaallikse verslag berig dat die produksiewaarde van die houtskoolbedryf met 4,35 persent op 'n jaarlikse basis toegeneem het. Hierdie styging word toegeskryf aan die hoër gemiddelde prys per ton ontvang in 2023, wat met 9,09 persent gegroei het. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Michael Degé, die bestuurder van die Houtskoolprodusente Vereniging, vir kommentaar en siende dat die vierde Julie op pad is, of hulle houtskool na Amerika gaan stuur.
16 Apr 12PM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Namcor se 10% in PEL82 nie goeie nuus nie - kenner

Reaksie word ontvang op die aankondiging dat Namcor ‘n ontginningsooreenkoms met Chevron Namibia Exploration, 'n filiaal van Chevron Global Energy onderteken het. Dit gee Chevron Namibia 'n bedryfsbelang van 80 persent in PEL 82 in die produktiewe Walvis-bekken. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met dr. Marius Kudumo, 'n kenner van…
30 Apr 7AM 1 min

Israel moet sy vlootblokkade op Gaza staak

Die ANC-regering doen 'n beroep op Israel om die Freedom Flotilla toe te laat om humanitêre hulp aan Gaza te lewer en wys op Israel se verpligtinge as die besettingsmag. Hierdie oproep volg nadat die Internasionale Geregshof Israel beveel het om dringende hulpverlening aan Gaza moontlik te maak, in die…
30 Apr 7AM 1 min

Winter behoort nie so koud te wees nie, reën kom dalk vroeg

As voorspellings hou hoef jy nie al jou warm komberse uit te pak vir die winter nie. Kenners voorspel 'n warm winter vir 'n groot deel van Suid-Afrika, weens die voortslepende El Niño-klimaatspatroon. Namibië sal ook nie erge koue ervaar nie en die weerkenner Johan van den Berg het ook…
30 Apr 7AM 1 min

Nida se gesukkel kom reeds 'n lang pad

Die Keetmanshoop raadslid vir die landelike kiesafdeling Willem Labuschagne het gereageer op berigte dat Nida se projekte uitmekaar val en vervalle gelaat word. Van die grootste uitdagings is die wanbetaling op water- en kragrekenings. Projekte kom ook nie van die grond af nie. Labuschagne sê op die einde van die…
30 Apr 6AM 1 min