Nida se gesukkel kom reeds 'n lang pad

--:--
Die Keetmanshoop raadslid vir die landelike kiesafdeling Willem Labuschagne het gereageer op berigte dat Nida se projekte uitmekaar val en vervalle gelaat word. Van die grootste uitdagings is die wanbetaling op water- en kragrekenings. Projekte kom ook nie van die grond af nie. Labuschagne sê op die einde van die dag ly die werkers.
30 Apr 6AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Bouplanne vertoon goed in Swakop, Walvis sal ook binnekort styg

Swakopmund het in Maart 'n 14 persent maand-tot-maand toename in goedgekeurde bouplanne gesien. Dit was aansienlik hoër as in Windhoek, waar goedgekeurde bouplanne met 2,6 persent op 'n maandgrondslag gestyg het. In beide gevalle was dit steeds laer as in Maart verlede jaar. IJG Securities sê in sy boubedryf statistieke…
20 May 11PM 1 min

Een plaasmoord per week in SA

AfriForum se jaarlikse verslag oor plaasaanvalle en -moorde toon 49 plaasmoorde in 296 aanvalle in 2023. Die hoofwoordvoerder vir Gemeenskapsveiligheid, Jacques Broodryk, sê dit is nagenoeg een moord per week. Broodryk kritiseer die regering en die polisie vir hulle dubbele standaarde met die voorkoming van, en ondersoek na dié misdade…
20 May 11PM 1 min

Regshulpsentrum besoek kus vir gratis regsadvies

Die Regshulpsentrum verskaf môre-oggend vanaf 11-uur gratis regsadvies en publikasies by die Swakopmund-museum. Hulle sal op 22 Mei van 9-uur die oggend tot 2-uur by die Dunes Mall in Walvisbaai wees. Die gratis regsadvies sal fokus op kwessies soos testamente en boedels, gesinsgeweld, egskeiding, arbeidsaangeleenthede en ander regsaangeleenthede. Gegewe die…
20 May 12PM 1 min

SA boere moenie diere sonder gesondheidsklaring toelaat nie

Die departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling in Suid-Afrika, raai boere aan om nie diere op hul grond toe te laat sonder veeartsenykundige gesondheidsklarings by diere se oorsprong nie. Die departement se woordvoerder, Reggie Ngcobo, sê die virus wat die uitbreking van bek-en-klouseer op 'n plaas in Humansdorp in…
20 May 12PM 1 min

Gebruik grond doeltreffend vir meer kos, minder gasse: ekoloog

Die wêreldwye voedselverbouingstelsel bied 'n reuse geleentheid om byna 'n derde van die wêreld se kweekhuisgas-uitlatings te verminder deur bekostigbare en geredelik beskikbare optredes. Volgens 'n nuwe Wêreldbank-verslag is die voedselverbouingstelsel 'n onontginde bron van lae-koste moontlikhede teen klimaatsverandering. Die Wêreldbank sê deur net eenvoudig die manier te verander waarop…
20 May 11AM 1 min