Regshulpsentrum besoek kus vir gratis regsadvies

--:--
Die Regshulpsentrum verskaf môre-oggend vanaf 11-uur gratis regsadvies en publikasies by die Swakopmund-museum. Hulle sal op 22 Mei van 9-uur die oggend tot 2-uur by die Dunes Mall in Walvisbaai wees. Die gratis regsadvies sal fokus op kwessies soos testamente en boedels, gesinsgeweld, egskeiding, arbeidsaangeleenthede en ander regsaangeleenthede. Gegewe die talle ontwikkelings in die kusstreke van Namibië, sal die sentrum ook inligtingsessies hou oor die reg om geraadpleeg te word as belanghebbende en geaffekteerde partye, kragtens die Wet op Omgewingsbestuur. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Toni Hancox, die direkteur van die Regshulpsentrum.
20 May 12PM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Venaani in stryd om August 26 se sake bloot te lê

Die leier van die amptelike opposisie PDM, McHenry Venaani, het die langdurige vertraging in die publikasie van die forensiese ouditverslag oor die sake van August 26 Holding Company betreur. August 26 is 100 persent in staatsbesit met die verdediging-ministerie as die enigste aandeelhouer. In 'n persverklaring beklemtoon die PDM die…
3 Jun 1AM 1 min

Blitsbok-afrigter teleurgesteld met sesde plek

In rugbynuus, is Springbok Sewes-afrigter Philip Snyman teleurgesteld oor hul vertoning in die Madrid Sewes, die laaste toernooi van die Wêreldreeks. Die Blitsbokke moes tevrede wees met 'n sesde plek nadat hulle met 12-7 verloor het in hul uitspeelwedstryd teen Ierland. Suid-Afrika se fokus is nou gevestig op Monaco, waar…
3 Jun 1AM 1 min

Alcaraz takel Tsitsipas in Parys, Swiatek gaan deur

Tennis: Die tweemalige Grand Slam-kampioen, Carlos Alcaraz, kom in die kwarteindronde van die Franse Ope teen Stefanos Tsitsipas van Griekeland te staan. Die Spanjaard het die Kanadees, Felix Auger-Aliassime, met 6-3, 6-3, 6-1 verslaan terwyl Tsitsipas die Italianer Matteo Arnaldi met 3-6, 7-6, 6-2 en 6-2 geklop het. In die…
3 Jun 1AM 1 min

BIG marsjeer om armoede te verlig

Die Basiese Inkomste-toelaag Koalisie en ondersteuners sal op 16 Junie marsjeer onder die vaandel #MarchToEndPovertyWithBIG. Die optog sal by die Katutura-jeugkompleks begin en eindig by Zoo Park via Onafhanklikheidsrylaan, waar feestelikhede sal plaasvind. Die groep beoog om 'n petisie te oorhandig wat hul behoeftes uiteensit. Die president het minister van…
3 Jun 1AM 1 min

Algemene registrasie van kiesers skop af

Namibiërs kan van vandag af as kiesers registreer vir die nasionale verkiesing in November. Die algemene registrasie van kiesers duur tot 1 Augustus, en die datum sal nie verleng kan word nie. Alle kiesers wat voorheen geregistreer was, moet herregistreer om te kan stem. Die Verkiesingskommissie het 4 297 registrasiepunte…
3 Jun 12AM 1 min