Skrywers en boeke

Loading player...
Tydens hierdie aflewering gesels Christine Ferreira met die skrywers van vier Christelike boeke wat by luisteraars sal byval vind. Alexa Steyn gesels oor haar Bybelse roman, Die Galileërs. Helena Hugo vertel oor Verbly julle in die hoop, die tweede roman in ‘n reeks van drie. Wendy Maartens gesels oor Psalms vir kleingoed en joernalis en skrywer Deonette de Kock vertel meer oor die skryf van Prison Child die verhaal van Felicia Goosen, wat in ‘n tronk in Thailand gebore is, nadat haar ma Vanessa Goosen gevange geneem is vir die smokkel van dwelms in 1994.
18 Jul 2023 Afrikaans South Africa Christianity · Self-Improvement

Other recent episodes

Al Psalmend

Marielle de Vos vertel meer oor die Hebreeuse jaar 5786 en wat dit beteken om in die vrees van die Here te leef. Spesialis-lewensafrigter, Amanda de Lange, vra hoe wil jy hê jou lewe moet lyk in 2026? Daar gesels ds Ronell Bezuidenhoudt oor hoe die Psalms ons kan help…
6 Jan 1 hr 34 min

Floreer

Spesialis-welstandsberader, Retha van Zyl, vertel hoe om jou ware self te ontdek, sodat jy, ondanks jou letsels, kan floreer. Susan Coetzer kuier in die ateljee om oor haar jongste boek Super C Van swaarmoedige Sannie tot supervrou te gesels.
9 Dec 2025 1 hr 26 min

Feestyd

Elsabé Conradie, skoolhoof van Hoër Meisieskool La Rochelle in die Paarl, vertel meer oor dié skool wat vanjaar 165 jaar oud is, se geskiedenis. Skrywer Lizette Murray gesels oor haar spesiale verbintenis met dié skool en Milanie Vosloo gee raad oor hoe om einde van die jaar stres en moegheid…
21 Oct 2025 1 hr 37 min

Leef voluit

Amanda de Lange oor innerlike genesing en hoe om eienaarskap van jou lewe te neem. Niël Steinmann vertel meer oor hoe om jou doel, passie en roeping te (her)ontdek.
14 Oct 2025 1 hr 30 min

Wanneer godsdiens tot verwonding lei + Plaas-camino

Prof Wentzel Coetzer gesels oor wanneer godsdiens tot verwonding eerder as heling lei. Stephanie van Rensburg vertel meer oor ‘n nuwe plaas-camino wat hierdie week van stapel gestuur word.
7 Oct 2025 1 hr 19 min