GROOTfm 90.5 Die Groot Trek

Die Groot Trek

Doepie hou van adrenalien, nuwe uitdagings en om altyd die gek te skeer. Hy is die tipe ou wat die grap in enige gesprek sal raaksien en uitwys maar kan self baie opgewerk raak oor situasies wat mense nie altyd wil aanspreek nie. Hy het tog ‘n sagte hart en sagte plek vir mense. Daar is nooit ‘n ‘dull moment’ saam met Doepie nie en mens is nooit regtig seker wat volgende gaan gebeur nie. Dit waarborg egter dat die #GrootTrek ‘n program is wat jou op die punt van jou stoel gaan hou vir ‘n volle drie ure.

Nina is avontuurlustig, mal daaroor om die wêreld vol te reis en is passievol oor haar familie en vriende. Sy bring die meeste hart saam na elke uur op lug. Vir stories en geselskap wat maak dat jy uit jou maag wil lag, spandeer jou middae saam Nina op die #GROOTtrek.
Weekly Afrikaans South Africa News
404 Episodes
1 – 20

#DieGrootTrek - Navigate Challenging Managers

Anja van Beek is 'n Talentstrateeg, Leierskap- en MH-kundige en Uitvoerende Afrigter wat maatskappy se bestuur help om nie net werknemers beter te verstaan nie maar ook beter werksomgewings te skep as werkgewer. Sy gesels met ons vandag oor hoe jy as die werknemer moeilike bestuurders kan hanteer en jou…
16 Jul 36 min

#DieGrootTrek - Doepie en Nina loer in by die Iere voor die rugby!

Ons het laas jaar gedurende die Rugby Wereldbeker gesels met Graham en Nathan van FM104 in Dublin toe ons hulle uitgedaag het vir ons Rugby Radio Challenge. Met die Bokke se tweede wedstryd teen die Iere het ons goed gedink om weer by hulle in te loer en hoor hoe…
11 Jul 20 min

#DieGrootTrek - Dag in die lewe van TV Sjef - Corli Prinsloo

Sy is een van ons gunsteling gaste en sy maak die smaaklikste kos, nie net by die huis nie maar ook op Televisie. Corli Prinsloo, Koekedoor wenner en OntbytSake Sjef kom kuier vandag by ons om ons meer te vertel van haar beroep en hoe dinge agter die skerms werk.
8 Jul 38 min

#DieGrootTrek - Channel Havenga (A Stroke of luck)

Na Chanell in was vir n klein roetine operasie wat nie langer as 15 minute sou vat nie het sy weke later wakker geword in die hospitaal en vertel dat sy op die operasie tafel n beroerte gehad het. Haar lewe het verander na dit en sy het besluit om…
4 Jul 26 min

#DieGrootTrek - Sandra Prinsloo & David Ralph Viviers by Innibos

Nina was amper woordeloos toe ons gesels met die Legendariese Sandra Prinsloo en David Ralp Viviers oor hulle Innibos produksie. Soos altyd moes Doepie bietjie uitvra oor haar ikoniese status en die gebruik van haar naam in Afrikaanse Liedjies en nog vele meer.
28 Jun 15 min

#DieGrootTrek - GrootGeld met Thys van Everest Wealth

Elke persoon se finansiele reis is soos n berg wat jy moet klim. En as mens Everest klim kort jy n Sjerpa om jou te help. Dis wat n bekwame finansiele bestuurder vir mens is. Thys van Zyl kom gesels met ons oor al die markte na die verkiesing en…
25 Jun 26 min

#DieGrootTrek - Dag in die lewe van Bestuurs Instrukteur.

Doepie sien die ouens as die manne met die meeste guts in die wereld. Ouens wat elke dag in n kar klim saam mense wat nog nooit bestuur het nie of wat sopas eers begin bestuur het. Vir 'n dag in die lewe van gesels ons met Reinhardt Kelsey van…
24 Jun 26 min

#DieGrootTrek - Liezel Van Intiem (Luisteraars Vraag)

Ons segment met Liezel van Intiem genaamd "Liewe Liezel" gee ons luisteraars die kans om te hulle vrae direk met Liezel te deel oor hulle huwelik of verhouding en sy kry dan die beste raad by 'n paneel van beraders. Die week se vraag kom van n dame wat baie…
20 Jun 35 min

#DieGrootTrek - Dr Michael Louis

Met die verkiesing agter die rug en die nuwe Regering van nasionale eenheid wat gevorm is word baie daar nog baie vrae gevra of dit gaan werk of nie. Dr Michael Louis gesels met ons oor vooruitsigte en wat hy sien op die horison vir Suid Afrika.
18 Jun 26 min

#DieGrootTrek - Harry Saner Olimpiese Skermkuns atleet

Harry is n jong ingenieurs student van Johannesburg. hy is ook een van die mind atlete wat skerkuns in Suid-Afrika beoefen. Hy is tans in Parys vir n oefenkamp voor die Olimpiese Spele. Harry is die eerste atleet in 16 jaar wat vir hierdie sport kwalifiseer vanuit SA. Ons gesels…
13 Jun 16 min

#DieGrootTrek - Vodacom Bulls Canan Moodie en Stedman Gans

Nie net speel albei van ons gaste vir die Vodacom Bulls nie maar is ook Springbokke in hulle eie reg. Canan en Stedman kuier by Doepie en Nina vanmiddag voor die Semi-Finaal van Die Vodacom United Rugby Championship op Loftus teen Leinster.
11 Jun 30 min

#DieGrootTrek - ONS die band in Studio

Doepie en Nina maak al lank grappies oor die band "ONS" en hulle song "Daai Liedjie" maar vandag is hulle in die ateljee om alles op te klaar en sommer vir ons meer van hulle te vertel en musiek te speel wat ons nog nie gehoor het nie.
10 Jun 35 min

#DieGrootTrek - Cilliers Brink Mei Inloer

So die nasionale verkiesing is verby en daar is baie vrae om wat gaan gebeur met Tshwane en die Burgemeesterskap asook vooruitsigte vir ons stad. Cilliers het weer kom inloer om te bevestig dat hy nog nie reg is om Tshwane te los nie en dat hy steeds dienslewering wil…
7 Jun 38 min

#DieGrootTrek - Hamilton Wessels

Ons ken hom as die snaakse ou met die snor wat op ons kassies gesels oor sport. Hammie Wessels loer in op die GrootTrek vanmiddag en kom vertel ons bietjie van sy reise agter die bokke aan gedurende die wereldbeker en ook waarmee hy deesdae besig is.
6 Jun 32 min

#DieGrootTrek - Dag in die lewe van Pediatriese Dieetkundige

Nadia Janse Van Rensburg kom gesels vandag met ons oor haar beroep as Pediatriese Dieetkundige. Wat presies dit behels en ook hoe hulle op hoogte moet bly van internasionale navorsing om seker te maak ons kinders kry alles wat hulle moet eet in op n daaglikse basis.
27 May 35 min
1 – 20