GROOTfm 90.5 Die Groot Trek

Die Groot Trek

Doepie hou van adrenalien, nuwe uitdagings en om altyd die gek te skeer. Hy is die tipe ou wat die grap in enige gesprek sal raaksien en uitwys maar kan self baie opgewerk raak oor situasies wat mense nie altyd wil aanspreek nie. Hy het tog ‘n sagte hart en sagte plek vir mense. Daar is nooit ‘n ‘dull moment’ saam met Doepie nie en mens is nooit regtig seker wat volgende gaan gebeur nie. Dit waarborg egter dat die #GrootTrek ‘n program is wat jou op die punt van jou stoel gaan hou vir ‘n volle drie ure.

Nina is avontuurlustig, mal daaroor om die wêreld vol te reis en is passievol oor haar familie en vriende. Sy bring die meeste hart saam na elke uur op lug. Vir stories en geselskap wat maak dat jy uit jou maag wil lag, spandeer jou middae saam Nina op die #GROOTtrek.
Weekly Afrikaans South Africa News
320 Episodes
1 – 20

#DieGrootTrek - Martin Bester

Met 'n lekker warm enkelsnit perfek vir n Desember partytjie kom loer Martin in by Doepie en Nina. Ons hoor bietjie wat die jaar vir hom ingehou het, sy vooruitsigte vir 2024 en nog meer.
1 Dec 24 min

#DieGrootTrek - Joshua Na Die reen

Vir die eerste keer in die middag kom kuier Joshua Na die Reen saam ons in die ateljee en net betyds want hy stel n splinternuwe Kersfees liedjie bekend.
30 Nov 21 min

#JouGrootKuier - Zaan Sonnekus

Die ongelooflike talentvolle Zaan Sonnekus kuier vandag in die ateljee. Behalwe dat hy almal uit die veld slaan met sy akoestiese weergawes van sy liedjies kom vertel hy ons meer oor waar sy musiek vandaan kom en wat sy toekoms planne is en drop ook n splinternuwe enkelsnit.
29 Nov 32 min

#DieGrootTrek - GrootGeld met Thys van Everest Wealth

Elke Laaste Dinsdag van die maand gesels Doepie en Nina met Thys van Everest Wealth management GrootGeld. Thys bespreek vooruitsigte vir 2024 en ook wat jy ingedagte moet hou oor jou finansies net voor die fees seisoen.
28 Nov 20 min

#DieGrootTrek - Raaf kuier saam Nina

Doepie is op vakansie en Die Groot Trek se vriende Raaf het kom inloer om te gesels oor hulle Desember planne en ook nuwe musiek wat hulle vrygestel het. Nina vra hulle ook om sommer bietjie n paar akoestiese nommers op te voer.
23 Nov 34 min

#JouGrootKuier - Leon Gropp

Nina voel so bietjie uit oor Doepie en Leon se "Bromance" want hulle praat die taal. Leon Gropp kuier vandag en voer ons weg met sy musiek en kom vertel ons ook oor sy nuwe Kersfees liedjie wat sopas uitgekom het.
22 Nov 31 min

#DieGrootTrek - Christelle Fourie Testimony

Nina het gesels met Christelle Fourie wat onlangs haar boek uitgebring het en haar storie gedeel het oor "Is God nog n geneser" na sy self baie vrae gehad het na n terugslag 4 maande voor haar troudag.
21 Nov 23 min

#DieGrootTrek - Nina kry Doep se ruggie Mauritius READY!

Doep vat n bietjie tyd af maar wou nie opdaag by die see met n rug vol hare nie. Ons persoonlike beauty queen Nina het dit op haarself geneem om seker Doep is Mauritius ready en kan homself geniet met n vars wax vir sy ruggie!
20 Nov 12 min

#DieGrootTrek - Rooksein (Weet Jy?)

Rooksein weer terug in die ateljee saam ons vandag, en dit nogal op n Vrydag ook. Vir die eerste keer op radio ooit gaan hulle die nuwe enkelsnit "Weet Jy" opvoer. Ons vang ook n bietjie op en hoor hoe hulle skedules bymekaar hou en watse tipe shows hulle die…
17 Nov 36 min

#JouGrootKuier - Jan Mathys

Die kontrak 3 sensasie Jan Mathys kuier vandag in die ateljee en vertel ons van waar sy loopbaan begin het en ook sy toekoms planne terwyl hy ons vermaak met lekker akoestiese musiek.
15 Nov 25 min

#DieGrootTrek - Dr Wium Erasmus praat oor Outisme

Dr. Wium Erasmus het tyd afgestaan om met Doepie en Nina te kom gesels oor Outisme tydens Internasionale Gestremdheids maand. Daar is 'n hele paar mispersepsies oor Outisme en Dr. Erasmus klaar dit op asook hoe om dit by jou kind te sien in 'n jong ouderdom en die behandeling…
9 Nov 27 min

#JouGrootKuier - Dan Patlansky

Nie net is Dan al benoem as die 4de beste guitarist in die wereld nie maar hy is ook een van SA se grootste musikale talente. Dan Patlansky kuier vandag in die ateljee en vertel ons hoekom hy besluit het op die Blues, waar sy passie vandaan kom en hoe…
8 Nov 35 min

#DieGrootTrek - Liezel Van Intiem (Jonk Trou of wag)

Met die samelewing wat so baie verander het wonder baie paartjies of jonk trou die beste idee is vir hulle of moet hulle dalk langer wag. Daar is positiewes in albei situasies maar Liezel kom gesels met ons oor wat jy moet weet voor jy trou om te help die…
7 Nov 35 min

#DieGrootTrek - E-Sports & Gaming met Wayne Holt & Shane

Doepie is 'n groot gamer en daar is baie ander manne daar buite wat ook gereeld agter n console of rekenaar inskuif. Die wereld van gaming is besig om te verander en Wayne Holt van Lenovo kom gesels oor Legion wat hulle gebruik om gaming in SA aan te help…
3 Nov 31 min

#JouGrootKuier - Jacob Swan

Die Liedjieskrywer van die jaar wenner Jacob Swann kom kuier vandag bietjie by ons en gesels oor sy duet met van "Lief" saam Karlien Van Jaarsveld en ook waar al die name en stories vandaan kom oor die persone wie hy sing. Verseker 'n kunstenaar om dop te hou.
1 Nov 31 min

#DieGrootTrek - Burgermeester Cilliers brink Oktober Check-in

'n Ware man van sy woord. Tshwane Burgermeester Cilliers Brink het kom inloer om vir ons op hoogte te hou van sake in en om Pretoria hy het ook van die geleentheid gebruik gemaak om vir Burgermeesters kommitee-lid vir publieke veiligheid Mnr. Grandi Theunissen saam te bring om vir ons…
27 Oct 33 min

#JouGrootKuier - Fatman

Hy is terug saam ons in die ateljee en het weer sy kitaar saamgebring. Fatman vertel ons meer van sy nuwe enkelsnit en musiek video en vat ook 'n paar versoeke van die luisteraars af.
25 Oct 29 min
1 – 20