Alle invoerders, uitvoerders, verrekenings- en versendingsagente, pakhuisoperateurs, skeepsrederye en die algemene handelsgemeenskap sal verplig word om 'n handelaarsidentifikasienommer te gebruik vir alle doeaneverwante transaksies. NamRA woordvoerder Steven Ndorokaze het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dit word gedoen om nakoming te verseker en te help om Namibië teen doeanebedrog, smokkelary en…
Die EFF doen 'n beroep op sy lede om voor te berei vir 'n oorlog in volgende jaar se plaaslike regeringverkiesing, wat daarop gemik is om beheer oor munisipaliteite terug te eis van korrupte en ondoeltreffende amptenare. Die leier van die EFF, Julius Malema het aan die media gesê die…
Die Kommunikasie-reguleringsowerheid van Namibië, Cran, het in Junie 2024 rekenaartoerusting en digitale dienste aan die Khomasdal Rössing-biblioteek en die Otjomuise-gemeenskapsbiblioteek geskenk om universele toegang tot inligting en digitale dienste te bevorder. Dit het ontvangers vir 'n tydperk van 24 maande toegerus met rekenaars en toegang tot gratis internet. Cran het…
AfriForum verwelkom die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, se vinnige ondersoek nadat sewe matriekeksamen-vraestelle by sewe skole in Pretoria uitgelek het. Die organisasie doen 'n beroep vir die strengste moontlike strawwe teen diegene wat verantwoordelik is. Twee amptenare van die departement is sedertdien geskors. Alana Bailey van AfriForum sê…
Die Namibiese Burgerlugvaartowerheid het onlangs 'n sertifikaat aan die Namibiese Lughawensmaatskappy oorhandig om te bevestig dat die Hosea Kutako Internasionale Lughawe en die Walvisbaai Internasionale Lughawe steeds voldoen aan internasionale vereistes veiligheids- en sekuriteitsvereistes. Hersertifisering van vliegvelde is 'n streng en omvattende proses wat aansienlike belegging in infrastruktuur noodsaak. Kosmos…
ANC-president Cyril Ramaphosa sê die 2026 munisipale verkiesing sal ʼn belangrike toets wees om te bepaal tot watter mate die party daarin geslaag het om die kieserskorps se ondersteuning en vertroue te hernu. Hy het gisteraand die slotrede gelewer by die vyfde Nasionale Algemene Raad in Boksburg, Gauteng. Ramaphosa sê…
Berrie Holthauzen, demensie lyer en aktivis, gaan volgende jaar op 'n landwye toer om bewusmaking oor die siekte aan te wakker. Holthauzen is in 2020 met die siekte gediagnoseer en het sedertdien so goed as moontlik 'n normale lewe probeer lei. Holthauzen is ook die stigter van Alzheimer Dementia Namibia…
Dit is vandag die laaste dag vir insette van die publiek en belanghebbendes oor Starlink se lisensie-aansoek by Cran. Tanja Dahl, die Namibië Landbou-unie se skakelbeampte, herinner Namibiërs aan die noodsaaklikheid van die bekostigbare, betroubare diens, veral op plase en in afgeleë gebiede.
Die 16 Dae van Aktivisme teen Geslagsgeweld het nogmaals nie juis 'n impak op die grond gehad nie. Vele verkragtings, gesinsgeweld, kinderaanrandings en verwante geweld is by die polisie aangemeld, maar dit is welbekend dat meeste gevalle nie aangemeld word nie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Ethne Mudge, die…
Die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolgings, Shamila Batohi, ontken dat sy gelieg het oor die rol van die raadgewer, David Broughton, in die Cato Manor-afpersingsaak, en aanklagte rakende die voormalige Misdaadintelligensie-hoof, Richard Mdluli. Sy is kruisondervra voor die Nkabinde-ondersoek na die hoof van die Gautengse Nasionale Vervolgingsgesag, Andrew Chauke, se…
Die Venezolaanse opposisieleier, María Corina Machado, wat maande lank weggekruip het, sê dat sy presies weet watter risiko's sy loop deur na Noorweë te reis om haar Nobelprys vir vrede af te haal. Machado het in die middel van die nag in Oslo verskyn en van 'n hotelbalkon vir ondersteuners…
Die Namibiese Korrektiewe Diens het 153 nuwe personeellede in hul geledere verwelkom. Die lynminister, Lucia Iipumbu, sê die toevoegings sal help om die huidige personeeltekort, wat op 65 persent staan, te verminder. Sy het die opmerkings gemaak in Omaruru tydens die gradeplegtigheid vir leerlinge van die 9de Basiese Oriënteringsopleidingskursus.
Die DA in die Wes-Kaap verwelkom die Onderwysdepartement se toewysing van meer as 5,2-miljoen Suid-Afrikaanse rand vir skoolveiligheid en -sekerheid tydens die Desember-vakansie. Woordvoerder Peter Johnson sê die belegging is 'n regstreekse reaksie op meer as 840 voorvalle van misdaad, opsetlike beskadiging en diefstal wat skole reg oor die provinsie…
Onafhanklike meteoroloog Vilho Ndeunyema sê hewige donderstorms word vandag oor sentraal-Namibië, veral Otjiwarongo, en die noordoostelike dele van die Erongo-streek verwag. Inwoners word gemaan om paraat te bly vir oorstromings en kitsvloede.
Reaksie word ontvang oor gratis tersiêre onderwys wat uitgebrei word na private instellings. Daar is egter beperkings rakende watter studente kwalifiseer. Ouers moet 100 000 Namibiese dollar of minder per jaar verdien, af van 500 000 dollar. Kosmos 94.1 Nuus het kommentaar gekry van die woordvoerder van die Namibië Nasionale…
Die landbouminister, Inge Zaamwani, het vandag die Gam-gebied besoek, wat Batswana van Namibiese afkoms huisves. Sy het die toestand van die fasiliteit beoordeel en 'n vroeë Kersmiddagete vir inwoners aangebied. In 2024 is sommige van die Batswana met regeringsondersteuning, insluitend dokumente, verblyf, watertenks en ander geriewe, na Namibië gerepatrieer. Zaamwani…
Die Nasionale Raad sal môre nuwe lede insweer met lede wat vandag induksie ontvang. Die lede gaan vir die volgende vyf jaar op die sewende Nasionale Raad dien. Advokaat Tousy Namiseb, die sekretaris van die Nasionale Raad verduidelik die proses.
Die 2025 Suid-Afrikaanse Versoeningsbarometer toon slegs 31-persent van burgers het baie vertroue in die Regering van Nasionale Eenheid met 34-persent wat min vertroue toon. 'n Navorser, Kate Lefko-Everett, sê vertroue is in die Wes-Kaap, Noordwes en Limpopo die hoogste en die laagste in die Noord-Kaap, KwaZulu-Natal en die Vrystaat. Sy…
11 Dec 2025 8AM
1 min
656 – 676
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.