Terwyl swaar reën deur 'n groot deel van die land voortduur, doen die Motorvoertuig Ongelukkefonds 'n beroep op motoriste om ekstra versigtig op die paaie te wees. Die fonds waarsku dat nat, gladde oppervlaktes en stygende watervlakke gevaarlike rytoestande skep, veral naby waterdeurdrenkte gebiede en rivierkruisings. Motoriste word daaraan herinner…
Een persoon is dood, en verskeie ander is vasgekeer nadat 'n vierverdiepingtempel wat in aanbou is in Redcliffe, noord van Durban, KwaZulu-Natal, ineengestort het. Die presiese aantal mense wat vasgekeer is, is onbekend. Die woordvoerder van die Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Senzelwe Mzila, sê rampbestuur en gespesialiseerde…
Daar is 'n nuwe hupstoot vir Namibiërs wat die petroleumsektor wil betree. Petrofund het PetroConnect bekendgestel, 'n moderne CV- en talentdatabasis wat plaaslike professionele persone met geleenthede in die olie- en gasbedryf verbind. Die platform, wat nou op Petrofund se webwerf beskikbaar is, is daarop gemik om plaaslike inhoudontwikkeling te…
Kommer word uitgespreek oor 'n kennisgewing oor 'n aansoek vir 'n omgewingsklaringsertifikaat vir die oes van rooshout en kiaat op kleinskaalse plase in die Kavango Oos-streek. Die onwettige oes van die bome is gereeld in die nuus. Belanghebbendes kan registreer en kommentaar lewer teen Vrydag, 12 Desember. Die konsultant is…
Lucas Muha is terug aan die stuur van sake by die Nasionale Raad, en sal die sewende raad lei nadat hy ook die sesde voorsitter was. Elke streek word verteenwoordig deur drie raadslede, verkies in die streeks- en plaaslike owerheidsverkiesings in November. Swapo se Emma Muteka tree in as adjunkvoorsitter…
Williston in die Boesmanland-streek van die Noord-Kaap, worstel steeds met 'n erge droogte, terwyl swaar reën oor dele van Suid-Afrika geval het. AfriForum en Saai het 12-ton voer aangekoop om die boere te help. Tarien Cook van AfriForum bepleit regeringsingryping en openbare steun, en waarsku plase, gemeenskappe, skole en inkomste…
President Netumbo Nandi-Ndaitwah het vanoggend die 16de Nasionale Jeugdiens se uitpasseringsparade by die Rietfontien-opleidingsentrum in Grootfontein gelei. Altesaam 1 036 leerlinge sal van basiese opleiding na die volgende fases van die Nasionale Jeugdiens se driefaseprogram oorgaan en voorberei om hul gemeenskappe te dien. Nandi-Ndaitwah het die werk wat deur die…
Die Grensbestuursowerheid het hierdie week twee belangrike onderskeppings by die OR Tambo Internasionale Lughawe in Gauteng gemaak. In die eerste voorval is 14 Ethiopiese burgers met aankoms onderskep, nadat 'n ontleding van passasierbesonderhede hul bewegingspatroon as verdag uitgewys het. Die owerheid se woordvoerder, Mmemme Mogotsi, sê in nog 'n voorval…
Die Namibiese Afrika-Millimeter-teleskoop beweeg van visie na werklikheid, gelei deur projekleiers professor Michael Backes, Zandré Duvenhage, dr. Marc Klein Wolt en John Pallett. Die projek op die plaas Göllschau, sowat 120km wes van Windhoek, langs die gevestigde HESS-sterrewag, het 'n kritieke fase betree. Die omgewingsassesseringsproses is nou in sy omvangsfase…
Die vakverbond Cosatu verwelkom die voorstel dat die nasionale minimum loon volgende jaar met 1,5-persent bo die inflasiekoers styg. Dit sal beteken dat die huidige 28 Suid-Afrikaanse rand en 79-sent per uur in 2026 die 30 rand-kerf verbysteek. Cosatu-woordvoerder Matthew Parks sê die verhoging sal verligting bring vir 5,5-miljoen werkers…
President Volodymyr Zelensky het aanlyn met leiers in die EU en Brittanje vergader. Dit kom na president Donald Trump sekuriteitswaarborge beloof het as ‘n ooreenkoms vir vrede onderteken kan word. Daar is eise vir ‘n verkiesing in die Oekraïne en Zelensky en die EU werk aan ‘n aanpassing van die…
Na die tragiese verdrinking van paramedikus Brian Low Donderdagmiddag terwyl hy gepoog het om drie swemmers by te staan, word hernude pleidooie gebring aan vakansiegangers om by veilige swempunte te swem. Mede-eienaar van Code Red Medical Services aan die kus, Aubrey Oosthuizen, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Dinge vorder uiters goed by Savanna Beef en tussen 12 en 15 November het die maatskappy die streeks-SAOG-slagting-ouditinspeksie suksesvol deurgesien. Hierdie oudit is noodsaaklik, aangesien dit die verpligte eerste stap vorm om te kwalifiseer vir die volledige EU-uitvoerstatusoudit en uiteindelik goedgekeurde EU-notering. Kosmos 94.1 Nuus het met Ian Collard, die…
Die jaar 2025 was positief vir Namibië se aandelemark. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het die uitvoerende hoof van die Namibiese Sekuriteitebeurs, Tiaan Bazuin, gesê die Namibiese mark bly positief, met die sekuriteitebeurs wat agtste in die top 10 Afrikalande met die grootste aandelemark-handelsvolumes in 2025 is. Die…
Nampol sê sy kriminele rekordstelsel is tans landswyd nie aanlyn nie en dus, kan die polisie nie die publiek bystaan met gedragsertifikate nie. Die sertifikaat word algemeen vereis vir werksaansoeke, visumaansoeke om in die buiteland te werk of te studeer, of ander amptelike doeleindes om te bewys dat 'n persoon…
Die vakbondfederasie, Saftu, sê die land se ekonomie staan nie net stil nie, dis struktureel nie in staat om selfs ʼn deel van die jaarlikse toetreders tot die arbeidsmag te hanteer nie. Volgens die September 2025-verslag oor kwartaallikse indiensneming en vergoeding, het indiensneming in die formele sektor op ʼn jaargrondslag…
Die Britse-gesondheidsdiens, die NHS, sê dat hy die ergste scenario in die gesig staar nadat die aantal mense in die hospitaal met griep met 55 persent in 'n week gestyg het. Die uitbreking is normale seisoenale griep en nie Covid nie. Huisdokter, Raj Arora, sê aan Britse media mense is…
Die regering het die jongste verslag van Statistieke Suid-Afrika oor armoedesyfers in die land verwelkom. Dit wys 'n merkbare afname in armoedevlakke oor die afgelope 17 jaar. Volgens die verslag het die persentasie Suid-Afrikaners wat onder die laagste armoedelyn leef met 1 300 Suid-Afrikaanse rand per persoon per maand met…
12 Dec 2025 3AM
1 min
636 – 656
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.