Die feesseisoen het skaars begin en sterfgevalle op die paaie neem reeds toe. Gedurende 'n regerings-inligtingsessie het Rozario Coetzee, die adjunk-kommissaris in Nampol se verkeersafdeling, die jongste syfers gedeel.
Die Basiese Onderwys-minister, Siviwe Gwarube, het bevestig dat twee werknemers van die departement geskors is vir hul beweerde betrokkenheid by die uitlek van Nasionale Senior Sertifikaat-eksamenvraestelle in Gauteng. Dit is by drie vakke - Engels Huistaal, Wiskunde en Fisiese Wetenskappe - ontdek en betrek 26 leerders in sewe skole in…
Die Nobelpryswenner vir Vrede, Maria Machado, het haar toekenning vandag in Oslo, Noorweë ontvang. Die opposisieleier in Venezuela, wat steeds wegkruip uit vrees vir vervolging sê vrede is ‘n liefdesdaad.
Die African Unite Borders Bus Trucks Association doen 'n beroep op wetstoepassers om streng op te tree teen onwettige busbestuurders wat mense se lewens in gevaar stel. Die bestuurskomitee van die vereniging berei voor vir die feestyd spitsverkeer met verhoogde veiligheidsmaatreëls en tegnologie om onwettige oorgrens-kruisings en smokkelhandel te bestry…
Slagpryse vir bees het die eerste twee weke in Desember hoog gebly weens aanvraag net voor die Kersseisoen. Pryse was reeds hoog en Kosmos 94.1 Nuus het met Desmond Cloete, bemarking bestuurder by die Lewende Hawe en Lewendehawe Produkteraad oor waarheen dit neig.
President Netumbo Nandi-Ndaitwah het die laaste kabinetsvergadering van 2025 gelei, waar oor nege maande se regering besin is. Die politieke ontleder Johannes Sakaria het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat haar administrasie se vroeë besluite, van die aanstelling van 'n jong kabinet met 'n vrouemeerderheid tot die plasing van sleutelministeries…
Namdia en die Namibiese polisie het 'n ooreenkoms onderteken om sekuriteit in die land se diamantwaardeketting te verskerp en onwettige handel te bekamp. Die ooreenkoms kom na die berugte gewapende rooftog op 18 Januarie by Namdia se Windhoek-hoofkantoor. Die voorval het kwesbaarhede in die sektor blootgelê en oproepe vir sterker…
ActionSA het 'n formele klagte teen die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat ingedien omdat hy weier om die hoogsvertroulike geheime verslag oor die optrede van die Presidensiële Beskermingseenheid bekend te maak. Dit hou verband met die inbraak op president Cyril Ramaphosa se plaas, Phala Phala, in 2023. Woordvoerder Michael Beaumont sê die verslag…
NamRA-kommissaris Sam Shivute doen 'n beroep op klaringsagente om 'n verteenwoordigende liggaam te stig om behoorlike nakoming van doeanereëls en -regulasies te verseker. Shivute sê daar is ongelisensieerde operateurs wat wantroue tussen klaringsagente en kleinsake-operateurs, algemeen bekend as "bestel-by-my"-operateurs, veroorsaak.
Die Referendum-party het aan die minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, geskryf en ʼn verduideliking gevra van sy opmerkings oor die wettigheid van rasseklassifikasie in Suid-Afrika. Schreiber het in ʼn inskrywing op X gesê daar bestaan geen wetlike grondslag wat enige persoon verplig om ʼn rasse-klassifiseerder te word nie. Die…
Die Amerikaanse Federale Reserwebank het sy rentekoers vir die derde keer vanjaar verlaag. Die sentrale bank se Federale Opemark-komitee het sy riglyn-rentekoers met 25 basispunte besnoei en plaas dit in die omgewing van 3,50 tot 3,75-persent, te midde van die verhoogde inflasiekoers in die ekonomie en 'n verswakte arbeidsmark. Die…
Die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty waarsku hy sal enige poging om dubbele SAKP- en ANC-lidmaatskap af te skaf, teenstaan. Dit volg nadat die ANC se nasionale uitvoerende komitee dubbele lidmaatskap verwerp het omdat die SAKP onafhanklik aan verkiesings wil deelneem. SAKP-woordvoerder, Mbulelo Mandlana, sê enige poging om dubbele lidmaatskap te ondermyn sal…
Die DA sê dringende optrede is nodig met kinderwanvoeding wat steeds honderde lewens in Suid-Afrika eis. Parlementêre syfers toon tussen Mei en September vanjaar het meer as 300 kinders onder vyf jaar in openbare hospitale aan matige en ernstige wanvoeding gesterf. Michele Clarke van die DA sê wanvoeding is voorkombaar…
Die Verenigde Nasies se hoof van menseregte, Volker Türk, het die Israelse weermag se voorstel verwerp dat die sogenaamde “geel lyn” sementblokke wat hy in Gaza opgerig het, ʼn nuwe grens moet vorm. Die geel lyn verdeel Gaza tans in die helfte, en was bedoel as die eerste van drie…
Die DA het sy kommer uitgespreek oor gerugte dat die Departement van Werkverskaffing en Arbeid aan werknemers gesê het om die Bevolkingsregistrasiewet van 1950, wat lankal geskrap is, te gebruik om personeel onder ras te klassifiseer. Die wet wat die apartheidregering spesifiek gebruik het, is in 1991 afgeskaf. Michael Bagraim…
Trustco het die oorname-versoek van die Riskowitz Value Fund ongeldig en "onmiddellik afgekeur" verklaar, met die bewering dat dit nie regtens, prosedureel en in terme van korporatiewe bestuur standhou nie, aangesien dit die Namibiese Maatskappywet oortree. Kosmos 94.1 Nuus het met Quinton Van Rooyen Junior gepraat, die adjunk uitvoerende direkteur…
Met besoekers wat stadig maar seker na die kus begin stroom vir ‘n seevakansie, gaan die Swakopmund-munisipaliteit wandelpaaie op die dorp herstel wat deur branders beskadig is. Die fokus is die gedeelte naby die gewilde jetty. ‘n Houtbrug oor ‘n stormkanaal is ook beskadig, met sommige plekke waar die grond…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.