
Adjunk-Tshwane metropolisiehoof ontken tender-korrupsie
Loading player...
Die Tshwane-metropolisie se adjunkhoof, Umashi Dlamini, sê hy het geweier om die geskorste sersant van Gauteng se Georganiseerde Misdaadeenheid, Fannie Nkosi, by te staan met tenderaansoeke vir sy broer weens 'n belangebotsing. Hy het voor die Madlanga-kommissie bevestig daar was 'n langdurige verhouding met Nkosi, maar ontken besprekings rondom stadsverwante sake. Dlamini ontken ook enige ontmoetings met Nkosi en 'n goeie vriend van die vermoorde musikant DJ Sumbody, Mpho Lekukela:

