TLU SA vra aandag op boere se geestesgesondheid

Loading player...
Die landbou-organisasie, TLU SA doen 'n beroep op die publiek om pogings te ondersteun wat boere se geestesgesondheid bevorder. Die pleidooi volg op die 'kus-tot-kus vir boere'-veldtog, waartydens 'n span van kus tot kus per jetski gereis het wat die druk wat boere moet verwerk uitgelig het, insluitend markonsekerheid, stygende koste, regulatoriese uitdagings en sosiale isolasie. Bennie van Zyl van die organisasie sê meer openbare steun is nodig om boerderygemeenskappe te beskerm:
10 Apr 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Meer geld vir fluitjieblaser-beskerming

Die vakbondfederasie Cosatu doen 'n beroep op verhoogde regeringsbefondsing vir getuiebeskermingsprogramme, aangesien huidige hulpbronne nie voldoende beskerming bied vir verklikkers wat korrupsie en wangedrag blootlê nie. Die federasie verwelkom die Wet op Beskermde Bekendmakings wat vir openbare kommentaar gepubliseer is, en beskryf dit as 'n positiewe stap in die versterking…
10 Apr 3AM 1 min

Brittanje verhoog besteding op weermag

Die Britse regering het onderneem om 2,5 persent van die BBP teen 2027 aan verdediging te bestee. Die land se minister van verdedigingsgereedheid en nywerheid, Luke Pollard, sê aan Sky News die tempo is goed veral met ‘n bykomende 5 miljard pond wat vanjaar toegeken is en die teiken om…
10 Apr 3AM 1 min

Petrofund bied werkswinkels aan vir kapasiteit in petroleumsektor

Die Petroleum Opleidings- en Onderwysfonds, Petrofund, in samewerking met FirstRand Group en die Beleggingsbevorderings- en Ontwikkelingsraad, sal 'n tweedaagse werkswinkel vir olie- en gasverskaffers van 21 tot 22 April in Windhoek aanbied. 'n Tweede werkswinkel sal in Augustus in Walvisbaai aangebied word. Dit is in ooreenstemming met Petrofund se mandaat…
10 Apr 3AM 1 min

Geskiedeniskurrikulum moenie sondebokke skep nie - AfriForum

AfriForum moedig ouers, onderwysers en belanghebbendes aan om terugvoer in te dien oor die Departement van Basiese Onderwys se voorgestelde nuwe geskiedeniskurrikulum vir Graad 1 tot 12 wat op 20 Maart in die Staatskoerant gepubliseer is. Alana Bailey van AfriForum beklemtoon geskiedenis moet objektief aangebied word om kritiese denke, empatie…
10 Apr 2AM 1 min

Brittanje sê Rusland se duikbote het spioeneer

Die Verenigde Koninkryk se minister van Verdediging, John Healey, beskuldig Rusland dat hy die Iran-oorlog gebruik om vyandelike aktiwiteite teen Europa uit te voer. Dit volg nadat Brittanje, Noorweë en ander lande gereageer het op die afgelope weke se toenemende Russiese aktiwiteit in die Noord-Atlantiese Oseaan. Healey sê tydens die…
10 Apr 2AM 1 min