
TransNamib waarsku teen reënskade
Loading player...
TransNamib doen 'n beroep op die publiek om waaksaam te bly namate die nasionale spoorwegoperateur inspeksies verskerp na onlangse infrastruktuurskade. TransNamib-woordvoerder Alina Garises het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat infrastruktuurskade veral hoog is tydens swaar reën en dat die publiek ook versoek word om enige kriminele aktiwiteite soos klipgooiery of oortreding by die 24/7 Operasionele Bevelsentrum aan te meld.

