
Solidariteit soek deursigtigheid met Denel-oudit
Loading player...
Die vakbond Solidariteit sê die wapenvervaardiger Denel se interne oudit na bestuurskwessies by Denel Pretoria Metal Pressings moet ten volle deursigtig en onafhanklik wees. Die vakbond waarsku vertragings en onvolledige verslagdoening kan die krisis by die staatsbeheerde wapenmaatskappy vererger. Derek Mans van Solidariteit sê kommer is in Januarie uitgespreek nadat werknemers meegedeel is dat salarisse moontlik nie betaal sal word nie. Mans doen 'n beroep op volledige openbaarmaking van bestuursmislukkings en moontlike dissiplinêre stappe:

