
'Ek werk vir álle Suid-Afrikaners,' sê DA se Steenhuisen
Loading player...
Die uittredende DA-leier, John Steenhuisen, sê die party wat hy in 2019 geërf het, was op sy knieë, deurspek met verdeeldheid en 'n gebrek aan selfvertroue. Die party se tweedaagse verkiesingskongres, wat tans in Midrand, Gauteng, aan die gang is, sal óf die voorloper, Kaapstad se burgemeester, Geordin Hill-Lewis, óf die Sedibeng-koukusleier, Sibusiso Dyonase, as nuwe leier verkies. In sy laaste opmerkings sê Steenhuisen dat die party deur die DA se werk in die regering van nasionale eenheid bewys het dat hy vir alle Suid-Afrikaners werk:

