Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,000 Episodes
300 – 320

Trustco Group kry tussentydse hofbevel teen Riskowitz-groep

Trustco Group het 'n tussentydse hofbevel teen die Riskowitz-groep verkry. Die Amerikaanse groep het in Februarie en Augustus vanjaar onsuksesvol probeer om die Trustco-direksie te vervang. Trustco se adjunk-hoofuitvoerende beampte, Quinton van Rooyen jr., sê aandeelhouers het voorheen die transaksie van 468 miljoen Namibiese dollar goedgekeur, waarvolgens Trustco 'n verdere…
1 Oct 6AM 1 min

Swapo se Vroueraad reg vir 19de kongres in Katima Mulilo

Die sekretaris van Swapo se Vroueraad, Fransina Kahungu, en haar adjunk, Maria Ntusi, sal onbestrede staan vir die raad se twee top-posisies by die komende 19de kongres in Katima Mulilo. Ntusi sê die enkele nominasies weerspieël strukturele vertroue reg oor die party en dring daarop aan dat vroue met eenheid…
1 Oct 5AM 1 min

Swaar reën beskadig Ruben Makaranga-gekombineerde Skool in Rundu

Bestuur van die Ruben Makaranga-gekombineerde Skool in Rundu sê swaar reën vanoggend het die skool se personeelkamer aansienlik beskadig. Departementshoof vir Handel en Voorberoeps-vakke, Paul Malembo, het met Nampa gepraat en gesê die gebou het in die vroeë oggend ure verspoel wat dinge, so ná aan die jaar-eindeskamen vir leerders…
1 Oct 5AM 1 min

SABC wil Parlement-TV op sy uitsaaikanale en digitale platforms aanbied

Die SABC het sy voorstel herhaal om Parlement-TV op sy uitsaaikanale en digitale platforms aan te bied. Die openbare uitsaaier het aan die Parlement se portefeuljekomitee oor Kommunikasie en Digitale Tegnologieë gesê sy televisie-, radio- en stromingsplatforms, insluitend SABC Plus, kan toegang tot nasionale wetgewing uitbrei. Die uitvoerende hoof, Nomsa…
1 Oct 4AM 1 min

Venaani wil hoë koste van lenings vir ontwikkelende lande bespreek

Die leier van die PDM, McHenry Venaani, sal volgende week die hoë koste van lenings vir ontwikkelende lande onder parlementêre ondersoek bring. Venaani sal 'n mosie vir debat indien oor strukturele ongelykhede in die internasionale finansiële stelsel, en hoe dit Namibië se fiskale ruimte, ekonomiese ontwikkeling en vermoë om noodsaaklike…
1 Oct 4AM 1 min

SA Jeugwerkloosheidsbeweging bekommerd oor werkloosheid onder jeug

Die Suid Afrikaanse Nasionale Jeugwerkloosheidsbeweging is bekommerd oor kwartaallikse werkstatistiek wat toon dat die aantal werkende mense gedaal het van 10,43 miljoen in Maart tot 10,42 miljoen in Junie – 'n afname van 14-duisend. Woordvoerder Lindokuhle Yende sê elke verlore werksgeleentheid raak inkomste en voortbestaan. Hy is bekommerd dat jongmense…
1 Oct 3AM 1 min

Zaamwani sê waterverbindingpojek van Kavangorivier na Windhoek in gevorderde stadium

Die Minister van landbou en water, Inge Zaamwani, sê die projek vir 'n waterverbinding van die Kavangorivier na Windhoek is tans in ‘n gevorderde stadium, met die projek se omgewingsimpak-beoordeling wat tans aandag geniet. Dié fase van die projek sluit in konsultasies met gemeenskappe, tradisionele leiers, streeks- en plaaslike owerhede…
1 Oct 3AM 1 min

Forum for South Africa: Ramaphosa se GBV-toespraak bied min nuuts

Forum for South Africa sê president Ramaphosa se toespraak oor geslagsgeweld bied min nuuts, hoewel die groep die verbintenisse verwelkom. Leier Tebogo Mashilompane sê Suid-Afrikaners het al voorheen beloftes gehoor terwyl vroue steeds sterf. Hy vra besliste optrede om reg-skuiwergate te vul, wetstoepassing te versterk en te verseker dat oortreders…
1 Oct 2AM 1 min

OM lei meer as 30 finansiële adviseurs en makelaars op

Old Mutual se korporatiewe afdeling het onlangs sy noordelike forum vir uitnemendheid onder tussenganger-adviseurs in Oshakati aangebied aan meer as 30 deelnemers reg oor die noordelike streke. Old Mutual se Kaarina Nambinga sê finansiële adviseurs en makelaars van Oshakati, Ongwediva, Ondangwa, Opuwo en Outapi was teenwoordig.
1 Oct 2AM 1 min

Netanyahu: Dis te gou om te weet of Iran by Flydubai-gebeure betrokke was

Die Israelse eerste minister Benjamin Netanyahu sê dis te gou om weet of Iran by gister se Flydubai-gebeure betrokke was. 'n Medevlieënier op 'n vlug van Dubai na Tel Aviv het die vlieënier in die stuurkajuit met 'n mes gesteek in 'n klaarblyklike poging om die vliegtuig te laat val…
1 Oct 1AM 1 min

Meer as een-miljoen toeriste besoek SA in Augustus

Suid-Afrika het in Augustus meer as 'n miljoen internasionale toeriste verwelkom, 'n toename van 7,4-persent vergeleke met dieselfde maand verlede jaar. Die minister van toerisme, Patricia de Lille, sê die toename dui op 'n sterk belangstelling in Suid-Afrika en behoort gebruik te word om meer werksgeleenthede, beleggings en geleenthede te…
1 Oct 1AM 1 min

NSA: Namibië se vrugbaarheidsyfer toon skerp daling

Die Namibiese Statistieke-agentskap het die jongste nasionale projeksies vir vrugbaarheid, mortaliteit, migrasie en bevolking vrygestel. Dit toon dat die land se vrugbaarheidsyfer 'n skerp daling ondergaan het, van 6,1 geboortes per vrou in 1991 tot 4,1 in 2001, en uiteindelik tussen 2011 en 2023 op 3,9 geboortes per vrou gestabiliseer…
1 Oct 1AM 1 min

NNN: Nuut-ontginde 176,29-karaat diamant 'n groot prestasie vir Namibië

President Netumbo Nandi-Ndaitwah sê die natuurlike diamant van 176,29 karaat wat deur Namdeb by sy Suidkus-myn in Oranjemund ontgin is, is 'n groot prestasie vir Namibië. Sy sê die diamant bied 'n geleentheid om Namibië se reputasie vir sy natuurlike diamante te versterk en die ekonomiese waarde wat uit die…
1 Oct 12AM 1 min

Madlanga-kommissie begin met verhore agter geslote deure

Die Madlanga-kommissie sal vir die volgende twee weke sittings agter geslote deure hou om getuienis aan te hoor wat nie in die openbaar bekendgemaak kan word nie weens hangende ondersoeke en vertroulike materiaal. Openbare sittings sal op 9 November hervat, ná die plaaslike verkiesing op 4 November. Jeremy Michaels van…
1 Oct 12AM 1 min

NLU: Daar is steeds onsekerheid oor BKS-reëls en regulasies

Intussen sê die president van die Namibiese Landbou-unie, Thinus Pretorius, dat daar 30 spanne in die Karasburg-distrik ontplooi is om die siekte se verspreiding na te spoor. Pretorius sê die spanne werk om die uur om die bron en presiese verspreiding van die siekte te bepaal. Hy sê hoewel die…
1 Oct 12AM 1 min

Britse regering glo Iran het 'n rol gespeel in RAF Fairford-voorval

Die Britse regering glo dat Iran 'n rol gespeel het in die RAF Fairford-voorval waarin vyf mans in hegtenis geneem en toe borgtog toegestaan is, volgens premier Andy Burnham. Dit volg nadat dit aan die lig gekom het dat een van die vyf mans self die noodnommer 999 geskakel het…
30 Sep 11PM 1 min

SA en Frankryk versterk ekonomiese samewerking

Suid-Afrika en Frankryk versterk hul ekonomiese samewerking en fokus op infrastruktuur, industrialisering en inklusiewe groei. Die minister van Beplanning, Monitering en Evaluering, Maropene Ramokgopa, sê Frankryk is Suid-Afrika se grootste regstreekse buitelandse belegger. Meer as 480 Franse maatskappye in die land bied werk aan meer as 65 000 mense. Dertig…
30 Sep 11PM 1 min

Engelse Premierliga lê Man City se gekonkel bloot

Sokker: Die Engelse Premierliga sê Manchester City het "skynkontrakte" met verskeie van sy kommersiële vennote aangegaan as deel van 'n verbloemde finansieringskema om die klub se inkomste met ongeveer 18-miljard Namibiese dollar te vermeerder. 'n Onafhanklike kommissie het City skuldig bevind aan alle aanklagte wat verband hou met oortredings van…
30 Sep 11AM 1 min

BKS nou op 5 plase aangemeld: Zaamwani

Bek-en-klouseer is nou op vyf plase in die Karasburg-distrik aangemeld. Landbouminister Inge Zaamwani het tydens haar parlementêre toespraak vanmiddag gesê die uitbreking bly beperk tot 'n spesifieke gebied, terwyl amptenare met die Europese Unie in gesprek tree oor lewende hawe, asook vleis wat reeds onderweg is. Sy het 'n beroep…
30 Sep 11AM 1 min
300 – 320