'n Politieke storm is aan die broei nadat LPM-leier Bernadus Swartbooi voorgestel het dat die Suide van Namibië kan wegbreek en gewaarsku het dat wapens opgeneem kan word te midde van bewerings van langdurige marginalisering. Sy opmerkings, tesame met 'n dreigement om hulp van die Amerikaanse president Donald Trump te…
Namate Namibië dieper in die vasteland se markte indring onder die Afrika-kontinentale vryhandelsgebied, neem die druk op die regering toe om te heroorweeg hoe dit die informele sektor ondersteun. Ekonoom Josef Sheehama waarsku dat tensy die land geleenthede vir informele handelaars verbreed, baie Namibiërs die risiko loop om die voordele…
Oudpresident Jacob Zuma se oudste dogter, Nkosazana Bonganini Zuma-Mncube, het ʼn saak van mensehandel en bedrog teen haar suster Duduzile Zuma-Sambudla en twee ander aanhangig gemaak. Dit hou verband met die 17 Suid-Afrikaanse mans wat na bewering na Rusland gelok is om sonder hul toestemming in die oorlog teen Oekraïne…
Die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, sê goeie vordering is gemaak met gesprekke om 'n Amerikaanse vredesplan te finaliseer om die Rusland-Oekraïne-oorlog te beëindig. Hy het Sondag in Genève, Switserland, met 'n Oekraïnse afvaardiging onder leiding van Volodymyr Zelensky se personeelhoof, Andriy Yermak, vergader. Die konsep-plan van 28…
Finland se president Alexander Stubb het wêreldleiers aangespoor om multilaterale samewerking te versterk en gewaarsku dat toenemende multipolêre magsdinamika die risiko van konflik verhoog. Stubb het by die G20 gesê multilaterale samewerking is noodsaaklik vir solidariteit, gelykheid en volhoubaarheid. Hy het verouderde wêreldliggame gekritiseer en 'n beroep gedoen op billiker…
Konstruksietendense bly ongelyk, maar verbeterende krediettoestande kan binnekort die prentjie verander. Ekonoom Almandro Jansen van Simonis Storm het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat Windhoek se bougoedkeurings met 19 persent gedaal het, wat dui op swakker aktiwiteit in die hoofstad, terwyl Swakopmund 'n dramatiese sprong van 119 persent aangeteken het…
Italië het sy geskiedkundige derde agtereenvolgende Davisbeker-titel opgeraap nadat hy Spanje voor hul tuisskare in Bologna verslaan het. Die 2021-Wimbledon-finalis, Matteo Berrettini, het 13 kishoue gemoker om Pablo Carreno Busta in die openingswedstryd met 6-3, 6-4 te klop. Flavio Cobolli moes alles uithaal om Jaume Munar te verslaan en Italië…
Die DA-leier en minister van Landbou, John Steenhuisen, sê die G20-leiersberaadverklaring is 'n groot prestasie vir president Cyril Ramaphosa en Suid-Afrika. Die 30-bladsy verklaring fokus sterk op ontwikkelingskwessies in Afrika, insluitend die bevordering van ekonomiese groei en handel. Steenhuisen sê hy is verheug dat voedselsekerheid deel is van die finale…
Zimbabwe se visepresident Constantino Chiwenga het die land se padkaart vir volhoubare ontwikkeling uiteengesit, met die fokus op industrialisering, werkskepping en strukturele hervormings. Chiwenga het G20-vennote toegespreek en gevra vir billiker wêreldhandel, sterker skuldoplossings en uitgebreide toegang tot bekostigbare klimaat- en ontwikkelingsfinansiering. Hy sê Zimbabwe se strategie stem ooreen met…
Standard Bank Namibia het die stryd teen digitale misdaad verskerp en gespesialiseerde opleiding aan Nampol-beamptes verskaf om ondersoeke na toenemende aanlynbedrog te bevorder. As deel van Internasionale Bedrogbewustheidsweek 2025 het die bank se kundiges die polisie toegerus met praktiese vaardighede om digitale voetspore na te spoor, transaksiedata te analiseer en…
Engeland het sy elfde agtereenvolgende toetsoorwinning behaal toe hy Argentinië op Twickenham met 27-23 geklop het. Die speler van die wedstryd, Max Ojomoh, het in sy debuut op sy tuisveld Engeland se eerste drie gedruk en daarna Immanuel Feyi-Waboso en Henry Slade met hulle pogings gehelp. Losskakel George Ford het…
Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê die oorhandiging van die G20-presidentskap aan die VSA sal op 'n vooraf bepaalde datum by sy ministerie se kantore in Pretoria plaasvind. Dit volg na Washington se besluit om nie die leiersberaad by te woon nie, en 'n chargé d'affaires…
Namibië se bloedvoorraad is onder toenemende druk, weens stygende hospitaalvraag en 'n afname in skenkings. Die Namibiese Bloedoortappingsdiens waarsku dat terwyl mediese behoefte vanjaar met 3 persent gegroei het, bloedskenkings met meer as 1 persent gedaal het. Met die vraag wat na verwagting jaarliks sal styg, sê amptenare dat die…
Lede van die Landdroste- en Regtersvereniging van Namibië sal na verwagting vandag hul dienste opskort in reaksie op voortgesette vertragings in die implementering van hoër behuisings- en voertuigtoelaes vir landdroste. Volgens Florian Beukes van die vereniging het die justisieminister, Immanuel Wise, hulle meegedeel dat die gekorrigeerde toelae-skedule op 12 November…
Die regering neem aktiewe stappe om te verhoed dat voortdurende bek-en-klouseer in Suid-Afrika na Namibië versprei. Die minister van inligting, Emma Theofelus, het gesê verskeie ministeries is beopdrag om te beraadslaag en 'n plan van aksie op te stel. Die ministeries is ook 'n sperdatum van drie maande gegee om…
President Netumbo Nandi-Ndaitwah het haar besinnings gedeel oor haar bywoning van die onlangse G20-beraad. By die geleentheid het sy die behoefte aan 'n meer inklusiewe, billike en volhoubare globale finansiële stelsel beklemtoon wat Afrika se groeiende ekonomiese invloed erken. Sy het ook gevra vir versterkte internasionale samewerking en transformerende maatreëls…
Springbok-afrigter Rassie Erasmus sê hy is gretig om Jacques Nienaber terug te kry in sy afrigtingspan voor 2027 se Wêreldbekertoernooi in Australië. Die 53-jarige Nienaber, wat die Bokke in 2019 en '23 die beker help verower het, is tans Leinster se breier. Sy kontrak eindig na die 2026/27-klubseisoen. Erasmus erken…
Met streekraad- en plaaslike owerheidsverkiesings net dae weg, duur besprekings oor kiesersapatie voort. Politieke ontleder Henning Melber het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat terwyl lae opkoms in plaaslike verkiesings 'n wêreldwye tendens is, Namibië se situasie vererger word deur groeiende frustrasie oor swak dienslewering en politieke partye wat nie…
Die Ovaherero Tradisionele Owerheid sê hulle is teleurgesteld, maar nie ontmoedig nie, nadat die Windhoek Hooggeregshof geweier het om Duitsland as 'n respondent by te voeg in hul betwisting van die volksmoordverklaring van 2021. Direkteur-generaal Itamunua Meroro het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die hofsaak, wat vir Maart 2026 geskeduleer…
Die Duitse kanselier Friedrich Merz het Afrika se ekonomiese potensiaal en vennootskappe onder die Vennootskap met Afrika beklemtoon. Die vennootskap ondersteun deelnemende lande om ambisieuse hervormings in werking te stel en beleggings te mobiliseer. Hy het Saterdag gepraat tydens 'n Vennootskap met Afrika-geleentheid by die G20-Leiersberaad in Johannesburg. Merz het…
23 Nov 3AM
1 min
300 – 320
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.