Intussen sê die Namibiese Landbou-unie dat die BKS-uitbreking steeds beperk bly tot vyf plase in die //Kharas-streek, soos deur die landbou-ministerie aangemeld is. NLU-president, Thinus Pretorius sê die Direktoraat Veeartsenydienste werk nou daaraan om te bepaal presies wanneer die siekte die grens oorgesteek het:
Die voorsitter van die Staatsdienskommissie, Somadoda Fikeni, waarsku korrupsie en ingewortelde mislukkings in Suid-Afrika is nie toevallig nie. Hy het die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Openbare Administrasie en Bestuur in Durban toegespreek. Fikeni sê ondoeltreffendheid kan 'n winsmodel word vir diegene wat daarby baat vind. Hy beskryf dit as 'n politieke…
NamPower het ter viering van sy 30ste bestaansjaar sy geïntegreerde strategiese sakeplan vir 2026 tot 2030 bekendgestel, om plaaslike kragopwekking te bevorder, invoerafhanklikheid te verminder en bekostigbare elektrisiteit te verseker. Besturende direkteur Kahenge Haulofu sê bates het gegroei van 'n aanvanlike 3,8 miljoen Namibiese dollar tot 59 miljard dollar. 'n…
Die Organisasie teen Belastingmisbruik verwelkom Eskom se besluit om sy kwytskelding van registrasiekoste vir klein sonkragstelsels van tot 50 kilovolt-ampère tot verdere kennisgewing te verleng. Die organisasie sê Eskom dring egter steeds aan dat registrasie verpligtend is, selfs vir veilige huishoudelike stelsels wat nie krag na die netwerk invoer nie…
Visepresident Lucia Witbooi vra 'n verskuiwing van korttermynoplossings na robuuste, nasionaalgeleide ontwikkelingstrategieë wat plaaslike hulpbron-benefisiasie en impak op grondvlak dryf. Sy het by die opening van die 2026 Africa's Future-konferensie gesê dat oorbrugging van die kontinent se ekonomiese gaping sterk vennootskappe, institusionele veerkragtigheid en multidissiplinêre navorsing vereis, in lyn met…
SMEs Compete doen 'n beroep op eienaars van kleinbesigheide om groter verantwoordelikheid te aanvaar om te verseker dat hul ondernemings professioneel bestuur en geposisioneer word om finansiering te bekom. Direkteur Danny Meyer sê daar is te veel heen-en-weer-kommunikasie tussen kleinsakeondernemings en finansiers. Hy sê leners wys op swak bestuur, terwyl…
Bryan Eiseb het amptelik die amp as direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie aanvaar en Paulus Noa opgevolg wat 20 jaar in die pos gedien het. Tydens 'n seremonie het Noa simbolies die sleutels van sy kantoor aan Eiseb oorhandig, wat die oorgang van die kommissie se stigtingsleierskap na sy nuwe administrasie…
Die IPC se parlementêre leier, Imms Nashinge, steun die LPM se bewerings dat Swapo-ministers doelbewus vertragingstaktieke gebruik om aanspreeklikheid in die Nasionale Vergadering te ontduik. Nashinge sê dat ministers doelbewus laat opdaag sodat vraagtyd uitloop voordat hulle vrae kan beantwoord. Hy het ook voorsittende beamptes gekritiseer vir die sensuur van…
Die land se voorraad slangteengif het gestabiliseer danksy die Pan African Premium-polivalente teengif, wat deur die Wêreldgesondheidsorganisasie goedgekeur is, wat in die land aangekom het. Kosmos 94.1-nuus het met die slangkenner Francois Theart gesels, wat sê daar's nog ander teengif-tekorte:
Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, sê dis nog nie seker of Iran betrokke was by gister se Flydubai-gebeure nie. 'n Medevlieënier op 'n vlug na Tel Aviv het die vlieënier met 'n mes gesteek in 'n klaarblyklike poging om die vliegtuig te laat neerstort. Passasiers en bemanningslede het hom…
Binnelandse sake-minister Lucia Iipumbu versoek getroude paartjies om hul naaste ministeriekantoor te besoek om hul huweliksrekords te verifieer en te bekragtig. Iipumbi verwys na wydverspreide teenstrydighede wat veroorsaak word deur onvolledige registers. Iipumbu het paartjies aangespoor om hul status reg te stel terwyl beide partye leef, om ernstige administratiewe komplikasies…
Tennis: Die Spanjaard Carlos Alcaraz sê om van vyfstel-wedstryde ontslae te raak sal die nalatenskap van Grand Slam-toernooie uitwis. Daar is 'n toenemende debat oor werkslading, die laat voltooing van wedstryde en die eise van die speelskedules. Dit het stukrag gekry tydens verlede maand se Amerikaanse Ope-kwarteindronde toe die Amerikaner…
'n Dodesel-inwoner van Tennessee, Christa Pike, is in die hospitaal nadat Woensdagaand se teregstelling in Nashville misluk het. Haar teregstelling het voortgegaan ná 'n hofbevel, nadat dit vroeër op die nippertjie uitgestel is. Die 50-jarige is in 1996 ter dood veroordeel vir die moord op die 19-jarige Colleen Slemmer. Sy…
Die werkersvakbond, COSATU het die Nasionale Bedingingsraad vir die Padvrag- en Logistieke Bedryf se uitspraak verwelkom dat werkers se geld veilig is. In nuusberigte is beweer die raad het werkers se fondse vir siekte-, vakansie- en verlofbetalings in sy finansiële state as sy eie bates voorgestel. COSATU se woordvoerder, Zanele…
Die uitvoerende hoof van die Kankervereniging van Namibië, Rolf Hansen, het vroue aangespoor om vroeë sifting te prioritiseer en onthul dat meer as 700 Namibiese vroue elke jaar met borskanker gediagnoseer word. Met die begin van borskankerbewustheidsmaand het Hansen opgemerk dat CAN se vennootskap met die ministerie van gesondheid borskliniekprogramme…
Die kontinentale forum van die Afrika-vereniging van Sportprestasiesentrums het vandag amptelik by The Dome in Swakopmund geopen. Die forum bring sportadministrateurs van regoor Afrika byeen en fokus op die mobilisering van hulpbronne, die volhoubaarheid van befondsing en langtermyn-mededingendheid op kontinentale vlak. Freddy Mwiya, hoofadministrateur van die Namibiese Sportkommissie, verskaf meer…
Oudergewoonte is dit weer vanaand tyd vir die Windhoek Skou se vuurwerkvertoning. Kosmos 94.1 Nuus het met die Dierebeskermingsvereniging gesels, wat troeteldier-eienaars daaraan herinner dat vuurwerke aansienlike angs by diere kan veroorsaak, wat soms daartoe lei dat hulle weghardloop of hulself beseer. Silke van der Merwe, nasionale direkteur van die…
Dit kan dalk weer ‘n nat en koel naweek wees met nog ‘n bolugstelsel wat nader aan die suid- en suid-westelike dele van Namibië beweeg, met bewolkte toestande wat more regoor die land verwag word. Weerkenner George van der Merwe sê buie kan veral in die Kharas en Hardap streek…
1 Oct 6AM
1 min
280 – 300
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.