Statistieke Suid-Afrika het 'n afname in siviele skuldsake van Julie tot September vanjaar aangeteken. Siviele dagvaardings het met 6,6-persent verminder en siviele vonnisse met 6,5-persent in vergelyking met dieselfde tydperk verlede jaar. Vhonani Kwinda van Statistieke SA sê ten spyte van minder sake, dui die totale waarde van siviele vonnisse…
Die voormalige FBI direkteur James Comey het gereageer na ʼn Amerikaanse federale regter die strafregtelike aanklagte teen hom en New York se prokureur-generaal, Letitia James, laat vaar het. Die rede is dat die aanklaer, president Donald Trump se prokureur Lindsey Halligan, nie wettig aangestel is nie. Regter Cameron Currie sê…
Die plaaslike ekoloog, dr. Peter Cunningham, draai nie doekies om oor COP30 in Belém, Brasilië nie. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het hy die wêreldklimaatberaad 'n vermorsing van tyd en geld genoem, nadat twee weke van gesprekke geëindig het sonder 'n ooreenkoms oor die oorgang na hernubare energie…
Volgens onlangse data van Cirrus het Namibië byna 30 000 klein besighede verloor in vyf jaar, 'n ineenstorting wat kenners 'n nasionale noodtoestand noem. Met jeugwerkloosheid wat tot bo 60 persent styg wanneer ontmoedigde werksoekers ingesluit word, en minder jong Namibiërs wat entrepreneurskap kies, waarsku ekonoom dr. John Steytler dat…
Kaapstad Toerisme en die plaaslike wynbedryf vier hierdie week groot internasionale erkenning. Ses Kaapse wingerde het in vanjaar se gesogte toekennings plekke verwerf, met twee wingerde wat dit in die wêreld se top tien van die Wêreld se 50 Beste Wingerde van 2025 gehaal het. Briony Brookes van Kaapstad Toerisme…
Die direkteur-generaal van Internasionale Betrekkinge, Zane Dangor, sê Suid-Afrika sal waarskynlik vandag die G20-presidentskap aan Amerika in Pretoria oorhandig. Minister Ronald Lamola het Saterdag gesê aangesien Amerika slegs 'n junior ambassade-amptenaar aangewys het, sal Suid-Afrika dit ewenaar ná die Amerikaanse president, Donald Trump, se afwesigheid by die beraad in Johannesburg…
’n Federale regter van Virginia het strafregtelike aanklagte teen die voormalige FBI-direkteur James Comey en die prokureur-generaal van New York, Letitia James, uitgegooi. Die regter het beslis dat die aanstelling van die justisie-departement se prokureur, Lindsey Halligan, as tussentydse Amerikaanse prokureur die Grondwet geskend het en onwettig was. Comey is…
Die DA in Gauteng sê premier Panyaza Lesufi se regering skuld Microsoft 344-miljoen Suid-Afrikaanse rand in onbetaalde lisensiegelde. Dit volg nadat die Departement van e-Regering na bewering versuim het om die bedrag te betaal ingevolge die lisensie-ooreenkoms van 2022 tot 2025. Die DA-lid, Michael Waters, sê dit toon reuse-finansiële wanbestuur…
Sokker: Arsenal het sy voorsprong op die Premierliga-punteleer tot ses punte vergroot na hul oorwinning van 4-1 oor Tottenham Hotspur in die Noord-Londense derby op die Emirates-stadion. Die speler van die wedstryd, Eberechi Eze, het 'n sensasionele driekuns behaal ná Leandro Trossard se openingsdoel om 'n oortuigende oorwinning te verseker…
'n Reeks opeenvolgende arrestasies van streeks- en plaaslike owerheidsraadslede deur die Teenkorrupsie-kommissie in die afgelope twee weke wek openbare bespreking. Politieke ontleder Ndumba Kamanyah sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat die publiek nie te veel in die skielike tempo moet lees nie. Hy sê korrupsie, groot of klein, oud of…
Ekonoom Gabriel Erastus het 'n nuwe dimensie gevoeg tot die debat oor Namibië se pogings om sy dobbelbedryf uit te brei. Die stap is reeds gekritiseer deur kenners, wat waarsku teen ernstige maatskaplike koste ten spyte van inkomste wat van 9 miljoen Namibiese dollar tot 32 miljoen dollar gestyg het…
Die uittredende burgemeester van Windhoek, Ndeshihafela Larandja, het erken dat die stad sy reputasie as die skoonste in Afrika verloor het, maar dring daarop aan dat die agteruitgang nie gedurende haar eenjarige ampstermyn plaasgevind het nie. Die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, James Sankwasa, het Windhoek ook as die…
NamRA-baas Sam Shivute het die agentskap se sukses met die lewering van inkomste van 275 miljard Namibiese dollar aan die staatskas, aan sy span en die ondersteuning van belanghebbendes toegeskryf. Shivute, wat by die organisasie se openbare seminaar oor werkkultuur gepraat het, sê sedert NamRA in 2021 op die been…
Rugby: Die Springbok-haker Malcolm Marx sê sy aanwysing as Wêreldrugby se Speler van die Jaar laat hom nederig voel. Die 31-jarige het sy landgenote Pieter-Steph du Toit en Oche Nché om die toekenning uitgestof, asook Louis Bielle Biarrey van Frankryk. Die dubbele Wêreldbekerwenner is ook die eerste haker wat die…
Adjunk-goewerneur van die Bank van Namibië, Leonie Dunn, sê regulering en bewustheid sukkel om tred te hou met die snelheid van digitale bedrog wat in die land plaasvind. Dunn het vandag by die Bedrog- en Kuberveiligheidsrisikobewustheidsberaad onthul dat bedrogverwante finansiële verliese tussen Januarie en Oktober vanjaar meer as 65 miljoen…
Die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, sê hy verwag gesprekke oor ʼn handelsooreenkoms met Amerika sal voortgaan. Suid-Afrika probeer president Donald Trump se administrasie oorreed om die 30-persent tarief wat in Augustus op uitvoere na Amerika ingestel is, te verlaag. Diplomatieke betrekkinge tussen die twee lande is…
Professor Oscar van der Heerden van die Universiteit van Johannesburg sê Afrika is meer as net 'n mark. Dit volg te midde van die AU-EU-beraad wat vandag begin. Van der Heerden het in 'n onderhoud met SABC News gewaarsku dat die toekoms van die vasteland hang af van strategiese besluite…
Die Britse eerste minister Keir Starmer vra vir 'n vyfpuntplan vir groei wat niemand agterlaat nie. Hy het Sondag die G20-leiersberaad in Johannesburg toegespreek. Starmer sê groei moet 'n G20-missie wees as 'n manier om lewens te verbeter, openbare dienste te befonds en mense veilig te hou. Hy het bygevoeg…
Die Cheetah Conservation Fund sal sy 15de Internasionale Jagluiperd-dag op Saterdag 6 Desember vier met 'n program van jagluiperd-tema-aktiwiteite by sy sentrum in Otjiwarongo. Die geleentheid is daarop gemik om bewustheid te verhoog oor die dalende wêreldwye jagluiperdbevolking, wat nou op minder as 7 500 diere wêreldwyd geraam word. Dr…
24 Nov 4AM
1 min
280 – 300
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.