SABC wil Parlement-TV op sy uitsaaikanale en digitale platforms aanbied

Loading player...
Die SABC het sy voorstel herhaal om Parlement-TV op sy uitsaaikanale en digitale platforms aan te bied. Die openbare uitsaaier het aan die Parlement se portefeuljekomitee oor Kommunikasie en Digitale Tegnologieë gesê sy televisie-, radio- en stromingsplatforms, insluitend SABC Plus, kan toegang tot nasionale wetgewing uitbrei. Die uitvoerende hoof, Nomsa Chabeli, sê albei instellings deel 'n mandaat om inwoners in te lig, deursigtigheid te bevorder en demokratiese betrokkenheid te versterk:
1 Oct 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Venaani wil hoë koste van lenings vir ontwikkelende lande bespreek

Die leier van die PDM, McHenry Venaani, sal volgende week die hoë koste van lenings vir ontwikkelende lande onder parlementêre ondersoek bring. Venaani sal 'n mosie vir debat indien oor strukturele ongelykhede in die internasionale finansiële stelsel, en hoe dit Namibië se fiskale ruimte, ekonomiese ontwikkeling en vermoë om noodsaaklike…
1 Oct 4AM 1 min

SA Jeugwerkloosheidsbeweging bekommerd oor werkloosheid onder jeug

Die Suid Afrikaanse Nasionale Jeugwerkloosheidsbeweging is bekommerd oor kwartaallikse werkstatistiek wat toon dat die aantal werkende mense gedaal het van 10,43 miljoen in Maart tot 10,42 miljoen in Junie – 'n afname van 14-duisend. Woordvoerder Lindokuhle Yende sê elke verlore werksgeleentheid raak inkomste en voortbestaan. Hy is bekommerd dat jongmense…
1 Oct 3AM 1 min

Zaamwani sê waterverbindingpojek van Kavangorivier na Windhoek in gevorderde stadium

Die Minister van landbou en water, Inge Zaamwani, sê die projek vir 'n waterverbinding van die Kavangorivier na Windhoek is tans in ‘n gevorderde stadium, met die projek se omgewingsimpak-beoordeling wat tans aandag geniet. Dié fase van die projek sluit in konsultasies met gemeenskappe, tradisionele leiers, streeks- en plaaslike owerhede…
1 Oct 3AM 1 min

Forum for South Africa: Ramaphosa se GBV-toespraak bied min nuuts

Forum for South Africa sê president Ramaphosa se toespraak oor geslagsgeweld bied min nuuts, hoewel die groep die verbintenisse verwelkom. Leier Tebogo Mashilompane sê Suid-Afrikaners het al voorheen beloftes gehoor terwyl vroue steeds sterf. Hy vra besliste optrede om reg-skuiwergate te vul, wetstoepassing te versterk en te verseker dat oortreders…
1 Oct 2AM 1 min

OM lei meer as 30 finansiële adviseurs en makelaars op

Old Mutual se korporatiewe afdeling het onlangs sy noordelike forum vir uitnemendheid onder tussenganger-adviseurs in Oshakati aangebied aan meer as 30 deelnemers reg oor die noordelike streke. Old Mutual se Kaarina Nambinga sê finansiële adviseurs en makelaars van Oshakati, Ongwediva, Ondangwa, Opuwo en Outapi was teenwoordig.
1 Oct 2AM 1 min