Sokker: Die Engelse Premierliga sê Manchester City het "skynkontrakte" met verskeie van sy kommersiële vennote aangegaan as deel van 'n verbloemde finansieringskema om die klub se inkomste met ongeveer 18-miljard Namibiese dollar te vermeerder. 'n Onafhanklike kommissie het City skuldig bevind aan alle aanklagte wat verband hou met oortredings van…
Bek-en-klouseer is nou op vyf plase in die Karasburg-distrik aangemeld. Landbouminister Inge Zaamwani het tydens haar parlementêre toespraak vanmiddag gesê die uitbreking bly beperk tot 'n spesifieke gebied, terwyl amptenare met die Europese Unie in gesprek tree oor lewende hawe, asook vleis wat reeds onderweg is. Sy het 'n beroep…
Bek-en-klouseer is nou op vyf plase in die Karasburg-distrik aangemeld. Landbouminister Inge Zaamwani het tydens haar parlementêre toespraak vanmiddag gesê die uitbreking bly beperk tot 'n spesifieke gebied, terwyl amptenare met die Europese Unie in gesprek tree oor lewende hawe, asook vleis wat reeds onderweg is. Sy het 'n beroep…
Oud-landbouminister Calle Schlettwein doen 'n beroep op die regering om onmiddellike verligting aan boere te bied deur die sperdatum vir die indiening van grondbelasting uit te stel. In 'n gesprek met Kosmos 94.1 Nuus sê Schlettwein dat boere onder geweldige druk verkeer weens die bek-en-klouseer uitbreking en die dreigende El…
Die regering se reaksie op aanbevelings in sy jongste VN-menseregte-oorsig het kommer laat ontstaan by die LGBT-regte organisasie Equal Namibia. Van die 21 aanbevelings oor seksuele oriëntasie, gender-identiteit en -uitdrukking, asook seksuele kenmerke, het die regering vier ondersteun en 17 "aangeteken". Justisieminister Wise Immanuel sê die aanbevelings sal uitgebreide konsultasie…
Opkomende uitvoerende kunstenaars gaan in die kollig tree wanneer die Nasionale Teater van Namibië en die Universiteit van Namibië die "Unam Performing Arts Showcase Week" van 2026 aanbied. Desiree Mentor, woordvoerder van die NTN, sê die tweedaagse vertoonreeks wat op 9 en 10 Oktober om 6-uur die aand by die…
Die Britse eerste minister, Andy Burnham, sê sy agenda gaan die patroon van die afgelope 40 jaar verbreek en Brittanje in 'n nuwe rigting stuur. In sy eerste toespraak as eerste minister tydens die Arbeidersparty se konferensie het hy onderneem om die weg te baan vir groter openbare beheer oor…
Die Europese Unie vra vir geduld terwyl die implikasies van die uitbreking van bek-en-klouseer op beesvleisuitvoere na die Europese mark beoordeel word. Die EU se ambassadeur in Namibië, Ana Beatriz Martins, het plaaslike owerhede geprys vir wat sy as 'n vinnige, deursigtige en professionele reaksie beskryf, midde vrae oor berigte…
Die vakverbond Cosatu verwelkom president Cyril Ramaphosa se aankondiging van verdere ingryping om geslagsgeweld en vrouemoord te takel. Die president het ʼn multidissiplinêre nasionale strategie uiteengesit wat ʼn gekoördineerde feitesending en verslag oor agterstande wat hierdie saak betref, insluit. Cosatu-woordvoerder Matthew Parks sê die Mediumtermyn-begroting-beleidsverklaring moet die polisie, die regbank…
Namibia Breweries Limited het 'n afname van 38,2 persent in bieruitvoere na Suid-Afrika aangemeld ná die beëindiging van sy Heineken-voorsieningsooreenkoms in April. Dit het die netto inkomste vir die middeljaar met 3,9 persent tot 222 miljoen Namibiese dollar laat daal, terwyl kostebesparings slegs gedeeltelik vergoeding gebied het vir hoër bemarkings-…
Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê gesondheidswerkers wat die grootste Ebola-uitbreking ooit in die Demokratiese Republiek die Kongo bestry, sukkel met ernstige probleme om pasiënte te versorg. Met agt-duisend-67 bevestigde gevalle en drie-duisend-901 sterftes, is die sterftesyfer meer as 48-persent in 63 gesondheidsones in sewe van die DRK se 26 provinsies. Dokter Janet…
Die DA sê sterker optrede is nodig om vuurwapengeweld in die Wes-Kaap te bekamp ná twee afsonderlike skietvoorvalle in Khayelitsha en Lwandle oor die naweek. Benedicta van Minnen van die party sê Lwandle het dringend 'n permanente polisiestasie met voldoende hulpbronne nodig, terwyl meer gedoen moet word om ondersoeke en…
Die Erongo-streek benodig meer as 230 miljoen Namibiese dollar om kritieke infrastruktuurbehoeftes by skole regoor die streek aan te spreek. Na verwagting sal die befondsing die bou van nuwe skole en klaskamers ondersteun, asook die uitbreiding, opknapping en modernisering van bestaande fasiliteite. Goewerneur Nathalia /Goagoses het dit vandag tydens die…
Kundiges waarsku dat tegnologie-infrastruktuur alleen nie voldoende is om betekenisvolle digitale transformasie te bewerkstellig nie. Pascal Haingura, hoof van ingenieurswese en tegniese dienste by Cran, sê Namibië moet nie net in netwerke, datasentrums en digitale platforms belê nie, maar ook in die vaardighede en kundigheid wat nodig is om dit…
Met die regering wat nie sy teiken, om 3 000 huise per jaar te bou, tot op hede gehaal het nie, is daar nou baie vrae oor die bekostigbaarheid van staats-behuising. Die Nasionale Behuisings Onderneming beplan om 249 huise teen 'n geraamde koste van 80 miljoen Namibiese dollar te bou,…
Kosmos 94.1 Nuus het ondersoek ingestel na presies hoe bek-en-klouseer in Namibië beland het. Die grootste sondebok is die onbeperkte beweging van vee oor die Oranjerivier-grens, veral met lae rivier-vlakke - ‘n probleem wat reeds jare voortduur. Die regering is gewaarsku. Herhaaldelik. Yanna Smith doen verslag.
Die polisie in Gauteng en die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag het 121 vermeende onwettige mynwerkers tydens Operasie Prosper in Fochville, Gauteng, in hegtenis geneem. Die operasie is in samewerking met die Departement van Binnelandse Sake en die sekuriteitspan van die mynmaatskappy Sibanye-Stillwater uitgevoer. Die polisiewoordvoerder, Dimakatso Nevhuhulwi sê die operasie is…
Die Stad se verkeerspolisie vra bestuurders om te alle tye te verseker dat hulle met hul bestuurslisensies in hul voertuie rondry. Dit, na verskeie bestuurders in die moeilikheid beland het omdat hulle op die pad was sonder hul lisensies, tydens vanoggend se Kosmos 94.1 Roadwatch. Francois Lottering doen verslag:
Die DA sê die aanhoudende en duur van kragonderbrekings in Tshwane is moontlik 'n skending van die stad se lisensievoorwaardes vir elektrisiteitsverspreiding. Die party het 'n klag by die energiereguleerder, Nersa, ingedien en vra vir 'n ondersoek na die stad se elektrisiteitsvoorsiening. Cilliers Brink van die DA sê Tshwane ervaar…
30 Sep 4AM
1 min
320 – 340
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.