Cosatu bly oor Cyril se geslagsgeweld-ingrypings

Loading player...
Die vakverbond Cosatu verwelkom president Cyril Ramaphosa se aankondiging van verdere ingryping om geslagsgeweld en vrouemoord te takel. Die president het ʼn multidissiplinêre nasionale strategie uiteengesit wat ʼn gekoördineerde feitesending en verslag oor agterstande wat hierdie saak betref, insluit. Cosatu-woordvoerder Matthew Parks sê die Mediumtermyn-begroting-beleidsverklaring moet die polisie, die regbank en Nasionale Vervolgingsgesag voorsien van hulpbronne om geslagsgeweld en vrouemoord te hanteer:
30 Sep 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Oranjemund mik na ekonomiese diversifikasie met Diamantfees

Oranjemund bied van 3 tot 5 Desember sy Diamantfees aan onder die tema van vennootskappe en nuwe geleenthede. Burgemeester Pankratius Kondjamba sê die diamantbedryf het sedert 1936 'n ekonomiese nalatenskap van meer as twee triljoen Namibiese dollar opgebou, wanneer diamante uitgesluit word.
5 Nov 11PM 1 min

Regshulpsentrum dring aan op hervorming van Ombudsman-wet

Die Regshulpsentrum doen 'n beroep op wetgewers om die voorgestelde wetgewing vir die herroeping en vervanging van die Wet op die Ombudsman te bespoedig, met die argument dat die hervormings die onafhanklikheid en doeltreffendheid van die kantoor kan versterk. Die wetsontwerp maak ook voorsiening daarvoor dat die adjunk-ombudsman as 'n…
5 Nov 11PM 1 min

Dangote-projek kan Namibië se brandstofvoorsiening versterk

Ekonoom Abraham Eita sê die land kan voordeel trek uit die voorgestelde Dangote-brandstofopbergings-projek by Walvisbaai, maar die grootste onmiddellike voordeel is groter brandstofvoorsiening-sekerheid as goedkoper pryse by die pomp. Hy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die beplande opbergingskapasiteit die land kan help beskerm teen voorsiening-onderbrekings. Enige besparings op…
5 Nov 11PM 1 min