
Dangote-projek kan Namibië se brandstofvoorsiening versterk
Loading player...
Ekonoom Abraham Eita sê die land kan voordeel trek uit die voorgestelde Dangote-brandstofopbergings-projek by Walvisbaai, maar die grootste onmiddellike voordeel is groter brandstofvoorsiening-sekerheid as goedkoper pryse by die pomp. Hy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die beplande opbergingskapasiteit die land kan help beskerm teen voorsiening-onderbrekings. Enige besparings op verskeping-, opberging- en verspreidingskoste sal afhang van hoeveel daarvan deur gereguleerde brandstofpryse aan verbruikers oorgedra word.

