Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,000 Episodes
340 – 360

Opsomming van vanoggend se Roadwatch

Die Stad se verkeerspolisie vra bestuurders om te alle tye te verseker dat hulle met hul bestuurslisensies in hul voertuie rondry. Dit, na verskeie bestuurders in die moeilikheid beland het omdat hulle op die pad was sonder hul lisensies, tydens vanoggend se Kosmos 94.1 Roadwatch. Francois Lottering doen verslag:
30 Sep 5AM 1 min

Aanhoudende kragonderbrekings in Tshwane moontlik skending van lisensievoorwaardes

Die DA sê die aanhoudende en duur van kragonderbrekings in Tshwane is moontlik 'n skending van die stad se lisensievoorwaardes vir elektrisiteitsverspreiding. Die party het 'n klag by die energiereguleerder, Nersa, ingedien en vra vir 'n ondersoek na die stad se elektrisiteitsvoorsiening. Cilliers Brink van die DA sê Tshwane ervaar…
30 Sep 4AM 1 min

NamPower belê naastens N$1-miljard in maatskaplike-beleggings-inisiatiewe

Die krag-verspreider, NamPower, het dusver naastens een-miljard Namibiese dollar belê in sy maatskaplike-beleggings-inisiatiewe. NamPower besturende direkteur, Kahenge Haulofu, sê die inisiatiewe net, onder ander, verseker dat landelike gebiede nou toegang het tot elektrisiteit, terwyl studiebeurse verseker het dt jongmense hul studie-drome kon najaag:
30 Sep 4AM 1 min

RISE Mzansi: SA se toekoms bedreig deur spanning regeringsvlakke

RISE Mzansi se burgemeesterskandidaat vir Johannesburg, Lukhona Mnguni, sê Suid-Afrika se toekoms word bedreig deur toenemende spanning tussen die nasionale, provinsiale en plaaslike regeringsvlakke. Mnguni het op 'n geleentheid by Unisa gesê die land benodig 'n eerlike heronderhandeling van sy maatskaplike kontrak. Hy is bekommerd oor oproepe om die Grondwet…
30 Sep 3AM 1 min

Besluit om nie meer bierbottels by verkopers te koop nie wek kommer

Die Native Small Traders Association het ernstige kommer uitgespreek oor kleinhandelaars se besluit om nie meer bierbottels by verkopers te koop nie. Die vereniging beklemtoon die hoë werkloosheid in die streke. Dit volg nadat Metro Katima Mulilo opgehou het om leë Carling Black Label-bottels by ongeregistreerde informele verkopers te koop…
30 Sep 3AM 1 min

Manchester City-baas ontken gekonkel met kontrakte

Sokker: Die Engelse Premierliga sê Manchester City het "skynkontrakte" met verskeie van sy kommersiële vennote aangegaan as deel van 'n verbloemde finansieringskema om die klub se inkomste met ongeveer 18 miljard Namibiese dollar te vermeerder. 'n Onafhanklike kommissie het City skuldig bevind aan alle aanklagte wat verband hou met oortredings…
30 Sep 2AM 1 min

N$228m Medicare 24-bedrogsaak deur NVG hersien

Die korrupsiesaak van 228 miljoen Namibiese dollar wat met Medicare 24 verband hou, wag op 'n besluit van 'n hersieningspaneel van die Nasionale Vervolgingsgesag. Die sakeman Vusimuzi "Cat" Matlala en 15 ander staan tereg op aanklagte van korrupsie weens die beweerde onreëlmatige toekenning van die Medicare 24-kontrak vir die Tshwane-distrik…
30 Sep 2AM 1 min

Trump onderteken bevel om KI na “Superintelligensie” te verander

President Donald Trump van Amerika het ʼn uitvoerende bevel onderteken om die term Kunsmatige Intelligensie na Superintelligensie te verander wanneer dit in sy administrasie se amptelike kommunikasie gebruik word. Hy het gister in die Withuis met voorste uitvoerende tegnologiehoofde, onder andere van OpenAI, Anthropic, Nvidia, Meta en Google, vergader. Daar…
30 Sep 1AM 1 min

Ramaphosa: Verkiesing alleen kan nie vrede in Suid-Soedan waarborg nie

President Cyril Ramaphosa sê 'n verkiesing alleen kan nie vrede en demokrasie in Suid-Soedan waarborg nie. Ramaphosa het tydens 'n virtuele beraad van die Afrika-unie gesê geloofwaardige verkiesings moet ondersteun word deur 'n inklusiewe politieke proses, behoorlike veiligheidsmaatreëls en sterk instellings. Hy het 'n beroep op Suid-Soedanese leiers gedoen om…
30 Sep 1AM 1 min

Ballotti bevestig opgraderingswerk by Sam Nujoma-stadion is hervat

Die adjunkminister van sport, Dino Ballotti, het bevestig dat opgraderingswerk by die Sam Nujoma-stadion hervat is. Die projek is weens kontraktuele kwessies en stadige vordering van vroeg in Oktober tot die einde van Oktober 2026 uitgestel. Ballotti het gepraat tydens Nasan Energies se aankondiging van sy borgskap vir die Millennium…
30 Sep 1AM 1 min

Akademiese krisis aan't broei by Nust

'n Akademiese krisis is aan die broei by Nust, waar meer as 124 studente in mediese laboratoriumwetenskap die skielike uitsluiting van hul studierigtings in die gesig staar. Die Namibiese Nasionale Studente-organisasie, Nanso, het ingegryp en die bestuur se stappe as "onaanvaarbaar" bestempel, aangesien studente sonder bevestigde plasings of duidelike antwoorde…
30 Sep 12AM 1 min

Shadrack Sibiya word Maandag dissiplinêr verhoor

Die Suid Afrikaanse polisie gaan sy geskorste adjunk-kommissaris, Shadrack Sibiya, Maandag dissiplinêr verhoor. Hy het borgtog gevra in die Randburgse Landdroshof in Gauteng, waar hy aangekla word van verkragting, seksuele gereedmaking en ander misdrywe. Woordvoerder Athlenda Mathe sê Sibiya moet die verhoor persoonlik bywoon, en die plek waar dit gehou…
30 Sep 12AM 1 min

Zaamwani gee vandag BKS-uitvoerstatus-opdatering

Daar word verwag dat landbouminister Inge Zaamwani vanmiddag in die parlement 'n ministeriële verklaring sal lewer oor die uit-voer-status van Namibië se beesvleis ná die bek-en-klouseer uitbreking. Zaamwani sê die ministerie beraadslaag met internasionale vennote oor die pad vorentoe. Sy het in die Nasionale Vergadering gepraat.
30 Sep 12AM 1 min

SA kabinet veroordeel toename in GBV

In Suid-Afrika veroordeel die kabinet die toename in geslagsgeweld ná die wrede moord op dertien vroue in Gauteng. Vier verdagtes is borgtog geweier en bly in aanhouding. Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê vrouemoord verg 'n dringende reaksie en sê die onlangs gewysigde wetgewing verseker dat oortreders vervolg…
29 Sep 11PM 1 min

Meer BKS-gevalle op 4 ||Kharas-streek plase

Meer gevalle van beeste wat tekens van bek-en-klouseer toon is op vier plase in die ||Kharas-streek gevind, volgens die president van die Namibiese Landbou-unie, Thinus Pretorius. Hy het die inligting gisteraand in 'n opdatering aan NLU-lede oorgedra.
29 Sep 11PM 1 min

SA kabinet juig oor kersie-uitvoere na China

Die kabinet verwelkom 'n belangrike ooreenkoms waarvolgens Suid-Afrikaanse kersieprodusente die eerste keer toegang kry tot die Chinese mark. Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê dit maak deure oop na een van die wêreld se grootste kersiemarkte, wat verlede jaar alleen kersies ter waarde van meer as 52-miljard Suid-Afrikaanse…
29 Sep 11AM 1 min

Nasionale Raad, streeksrade beoog beter samewerking

Die konsultasiekonferensie van die Nasionale Raad en streeksrade sal 'n platform bied om deelnemende demokrasie te versterk en na verwagting samewerking tussen streeksrade verbeter. Die sekretaris van die Nasionale Raad, Tousy Namiseb, sê die konferensie, wat van vandag tot Saterdag in Otjiwarongo plaasvind, sal ook help verseker dat streekskwessies onder…
29 Sep 11AM 1 min

Olie-wette, regulasies moet in plek kom, sal duur geskille vermy

Daar word gewaarsku dat die land die risiko loop om homself bloot te stel aan duur geskille met internasionale oliemaatskappye, indien hy tot petroleumproduksie oorgaan sonder om omvattende wetgewing en regulasies vir die stroomop-sektor in plek te stel. Kosmos 94.1 Nuus het met Graham Hopwood, die uitvoerende direkteur van die…
29 Sep 10AM 1 min

NV bekommerd oor verouderende waterinfrastruktuur

Die parlement spreek kommer uit oor die land se verouderende waterinfrastruktuur. Die PDM-parlementslid Diederik Vries het landbouminister Inge Zaamwani vandag uitgevra oor die betroubaarheid en veerkragtigheid van waterinfrastruktuur. Vries sê verouderende pypleidings, reservoirs en pompstasies kan bydra tot onklaarrakings, waterverliese en diensonderbrekings, wat verdere druk op die reeds beperkte watervoorraad…
29 Sep 10AM 1 min
340 – 360