Uit die buurland vra MOVE SA die Suid Afrikaanse regering om doeltreffende en wettige maatreëls in te stel... om spanning tussen plaaslike gemeenskappe en buitelanders te verlig. Die partyleier Rali Mampeule sê die regering moet pro-aktief optree om die onderliggende oorsake van spanning aan te spreek en verdere xenofobiese geweld te…
Die Old Mutual-stigting het amptelik 'n vernuwe weergawe van sy vlagskip-entrepreneurskaps-inisiatief bekendgestel en "OM SEED: Seasons" as 'n verenigde nasionale kompetisie wat oor al 14 streke strek, van stapel gestuur. Mignon du Preez, woordvoerder van Old Mutual Namibië, sê aansoeke is landwyd amptelik oop, met 'n streng sluitingsdatum van 30…
Die Belgiese ontwikkelaar van maritieme- en skoonenergie-oplossings, CMB.TECH, het die Mineral Europa – die wêreld se eerste droëmassavragskip wat deur ammoniak aangedryf word – suksesvol in gebruik geneem. Die skip het Vrydag op sy nooiensvaart van China na Australië vertrek. Met 'n dravermoë van 210 000-ton verteenwoordig die skip 'n…
Die Namibia Housing Action Group sê die kontant-inspuiting van 146-miljoen Namibiese dollar aan die Shack Dwellers Federation of Namibia... is 'n groot, positiewe stap en sal help om die land se behuisings-tekorte aan te spreek. Hoewel die regering rapporteer dat bykans 1 900 huise gedurende die 2025/26-boekjaar voltooi is, sê…
Die Suid Afrikaanse parlementêre portefeuljekomitee oor Polisie sê enige vermeende misdadige optrede waarby die nasionale adjunk-polisiekommissaris, Shadrack Sibiya, betrokke is, moet ondersoek word en waar nodig moet aanklagte ingedien word. Die komiteevoorsitter, Ian Cameron, waarsku Sibiya se vertrek uit die diens moet hom nie vrywaar van aanspreeklikheid nie. Hy sê…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.