Afrigter Henk Botha sê hy het verskeie bekommernisse rakende onlangse operasionele besluite en praktyke binne die Namibiese Nasionale Olimpiese Komitee. Hy sê sedert die oorgang in bestuur is daar 'n merkbare verskuiwing in prioriteite en 'n agteruitgang in die gehalte van diens wat aan atlete en sportkodes gelewer word. Een…
Terwyl Namibië nader beweeg aan 'n besluit oor Starlink se lisensiebod wat volledig op 28 November vrygestel sal word, waarsku 'n elektroniese ingenieur en deeltydse boer in die Karasberge dat die land die risiko loop om noodsaaklike landelike konnektiwiteit mis te loop. Peet van Staden het aan Kosmos 94.1 Nuus…
Namibiërs kan dalk 'n vroeë Kershupstoot kry namate rentekoerse in die streek verlaag. Dit kom nadat die Suid-Afrikaanse Reserwebank die repokoers daar met 25 basispunte tot 6,75 persent verlaag het, wat die prima uitleenkoers tot 10,25 persent afgebring het. Namibië se repokoers staan reeds op 6,5 persent na verlede maand…
President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika het geslagsgeweld en vrouemoord tot 'n nasionale krisis verklaar. Hy het Donderdag tydens die G20 Maatskaplike Beraad in Ekurhuleni gesê die land kan net gemeenskappe bou wat in gelykheid gewortel is, indien die regte van vroue en meisies gehandhaaf word. Die president sê geen samelewing…
Die Nasionale Behuisingsonderneming het Donderdag 34 huise in Mariental oorhandig, wat vir meer as 6,5 miljoen Namibiese dollar gebou is. Die projek is binne ongeveer sewe maande afgehandel. Die adjunkminister van landelike en stedelike ontwikkeling, Evelyn !Nawases-Taeyele, het by die seremonie 'n beroep gedoen op munisipaliteite en dorpsrade om grond…
In 'n poging om finansiële geletterdheid regoor die land te verbeter, is die Finansiële Geletterdheidsinisiatief van plan om 'n boekie oor digitale finansiële geletterdheid bekend te stel wat landwyd versprei sal word. Die boekie is daarop gemik om die probleem van lae digitale geletterdheid te bestry, wat sommige Namibiërs kwesbaar…
Die Madlanga-kommissie se mede-kommissaris, Sandile Khumalo, het die polisie se geheime informant, Brown Mogotsi, uitgedaag oor teenstrydighede in sy beëdigde verklaring in Februarie. Khumalo ondersoek sy adres in Soweto, teenstrydige geboortedatum en bewerings van Umkhonto-lidmaatskap. Khumalo merk ook op dat Mogotsi geen formele wetstoepassings- of forensiese opleiding het nie. Hy…
Die Nasionale Padveiligheidsraad het vandag amptelik die opgegradeerde Okapuka-padverkeerskontrolepunt en die 2025/2026-feesseisoen-padveiligheidsveldtog van stapel gestuur. Die binnelandse sake-minister, Lucia Iipumbu, het motoriste aangespoor om padreëls te gehoorsaam en nie te drink en bestuur nie, aangesien dit die grootste oorsaak van ongelukke op Namibiese paaie is.
Die LPM het teruggekap nadat die Teenkorrupsie-kommissie twee van sy raadslede by die Karas-streeksraad op korrupsieklagte in hegtenis geneem het. Partypresident Bernadus Swartbooi het tydens 'n perskonferensie in Keetmanshoop gesê dat raadsvoorsitter Joseph Isaacks en raadslid Jeremia Goeieman hulself sedertdien aan die polisie oorgegee het, en daarop aangedring dat die…
Voedselonsekerheid is weer in die nuus, met verwagtinge dat faktore soos die staking van droogtehulp 20 persent van die bevolking oor die somer in akute voedselonsekerheid sal dompel. Die Nasionale Strategiese Voedselreserwes bevat ook slegs sowat 15 persent van die kapasiteit. Kosmos 94.1 Nuus het met Hanks Saisai, die tegniese…
Die Kommunikasie-reguleringsowerheid van Namibië, Cran, het Fase Twee van sy Universele Diensfonds-projek afgehandel, 'n groot poging om mobiele breëband- en stemdienste na sommige van die land se mees onderbediende streke te bring. MTC en Telecom Namibia het subsidies ter waarde van meer as 42 miljoen Namibiese dollar verseker om nuwe…
Rugby: Die Springbok-vleuel Cheslin Kolbe sê hulle sal Saterdag in Dublin ten volle gebruik moet maak van geleenthede om punte aan te teken teen Ierland. Suid-Afrika het Ierland laas in 2012 op die Aviva-stadion geklop en Saterdag se kragmeting bied ʼn kans om na 13 jaar weer sukses te behaal…
Die Teenkorrupsie-kommissie belowe vinnige optrede in Keetmanshoop, nadat inwoners die Karas-streeksraad se kantore bestorm het om die inhegtenisneming van twee raadslede op korrupsieklagte te keer. Die kommissie se direkteur-generaal Paulus Noa het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat diegene wat ingemeng het, self in hegtenis geneem sal word, nadat die…
Die voorsitter van die Madlanga-kommissie, regter Mbuyiseli Madlanga, het die polisie-informant Brown Mogotsi skerp gekritiseer nadat hy erken het hy het onder eed gelieg. Mogotsi het in 'n vals beëdigde verklaring teenoor 'n polisiebeampte beweer hy het in die polisie-ministerie gewerk om 'n geheime operasie te ondersteun. Madlanga sê sy…
Die voorsitter van die Madlanga-kommissie, regter Mbuyiseli Madlanga, het die polisie-informant Brown Mogotsi skerp gekritiseer nadat hy erken het hy het onder eed gelieg. Mogotsi het in 'n vals beëdigde verklaring teenoor 'n polisiebeampte beweer hy het in die polisie-ministerie gewerk om 'n geheime operasie te ondersteun. Madlanga sê sy…
Die vakbond Nehawu verwerp die verhoging van 9,8-persent in lede se bydrae tot die mediese fonds vir regeringsamptenare vir volgende jaar. Volgens die fonds is die aanpassing 'n nodige belegging om sukses te verseker en waarde en bestendigheid vir meer as 2,4-miljoen lede te verseker. Nehawu se woordvoerder, Lwazi Nkolonzi,…
Een van president Donald Trump se geestelike adviseurs sê dat interne konflik in Nigerië 'n terreuroorlog is eerder as 'n oorlog van Christene teen Moslems. Die Amerikaanse president beweer dat Christene in Nigerië vervolging in die gesig staar. Mark Burns sê aan Sky News die kwessie is uiters kompleks.
Reaksie kom in oor die Namibiese Groenwaterstofprogram wat op wankelrige voet is weens finansieringstekorte en geen bevestigde regeringsbevondsing nie. Dr. Chris Brown, die uitvoerende hoof van die Namibiese Kamer van die Omgewing, wat voorheen kritiek op die groenwaterstofbedryf uitgespreek het, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat. Hy sê ‘groen’ projekte…
Die regering word aangespoor om die ontwikkeling van die informele sektor te prioritiseer. Die sektor dra 12 persent tot die nasionale BBP by en bied 'n lewensonderhoud vir byna 60 persent van die bevolking. Maar die sektor betaal nie belasting nie. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus, het stigters-lid…
20 Nov 5AM
1 min
360 – 380
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.