Die konsultasiekonferensie van die Nasionale Raad en streeksrade sal 'n platform bied om deelnemende demokrasie te versterk en na verwagting samewerking tussen streeksrade verbeter. Die sekretaris van die Nasionale Raad, Tousy Namiseb, sê die konferensie, wat van vandag tot Saterdag in Otjiwarongo plaasvind, sal ook help verseker dat streekskwessies onder…
Daar word gewaarsku dat die land die risiko loop om homself bloot te stel aan duur geskille met internasionale oliemaatskappye, indien hy tot petroleumproduksie oorgaan sonder om omvattende wetgewing en regulasies vir die stroomop-sektor in plek te stel. Kosmos 94.1 Nuus het met Graham Hopwood, die uitvoerende direkteur van die…
Die parlement spreek kommer uit oor die land se verouderende waterinfrastruktuur. Die PDM-parlementslid Diederik Vries het landbouminister Inge Zaamwani vandag uitgevra oor die betroubaarheid en veerkragtigheid van waterinfrastruktuur. Vries sê verouderende pypleidings, reservoirs en pompstasies kan bydra tot onklaarrakings, waterverliese en diensonderbrekings, wat verdere druk op die reeds beperkte watervoorraad…
Gesinne word aangemoedig om moeilike gesprekke oor die dood en begrafnisreëlings te voer voordat ’n krisis ontstaan. Eusebio Fredericks, verkoopsbestuurder vir die suidelike streek van Old Mutual Namibië se afdeling vir massamark-kleinhandel, sê gesinne behoort vooraf oor begrafnisdekking, finale wense en waar belangrike dokumente is te gesels. Hy sê dat…
IPC-leier Imms Nashinge het die gesondheidministerie se multimiljoen-dollar-direkte logistieke ooreenkoms met NamPost veroordeel. Hy sê dat die omseiling van oop verkrygingsprosesse plaaslike vervoer-SME's benadeel. Nashinge sê die ministerie se vragmotors en bestuurders staan nou onbenut terwyl belastingbetalers vir opgeblase koste opdok. Hy het onderneem om in die parlement by die…
Statistiek Suid-Afrika sê werksgeleenthede het tussen Maart en Junie met 14 000 afgeneem, met vervaardiging, sakedienste, handel en die vervoersektor wat die grootste verliese toon. Indiensneming het met 95 000 gedaal vergeleke met Junie verlede jaar. Voltydse poste het met 40 000 afgeneem, maar deeltydse poste het met 26 000…
Die Vereniging van Staatsamptenare is ontsteld oor die Spesiale Ondersoekeenheid se onthullings van meer as twee-miljard Suid-Afrikaanse rand se onreëlmatige kontrakte in die Departement van Verdediging. Die SOE het onder meer 'n kontrak van 217-miljoen-rand uitgewys vir die verkryging van 'n Alpha-2 Covid-19-teenmiddel van Kuba. Claude Naicker van die vakbond…
Terwyl Namibië op die huidige uitbreking van bek-en-klouseer reageer, bly navorsing en samewerking noodsaaklik om siekte-toesig en paraatheid te versterk. Dit is volgens Lamech Mwapagha, 'n medeprofessor in mediese biochemie by Nust. Hy sê dat die universiteit se vermoëns vir genoom-volgorde bepaling die identifisering van patogene, die monitering van uitbrekings…
Die hoof van die Britse teen-terrorisme-agentskap, Laurence Taylor, sê ondersoeke duur voort, na die vyf mans wat Sondag naby RAF Fairford in Gloucestershire in hegtenis geneem is, op borgtog vrygelaat is. Die ondersoek na die saak is nog nie afgehandle nie en Taylor sê die vyf mans is onderworpe aan…
Die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke sê die onlangse massaskietvoorvalle in die land is nie meer net ʼn reeks geïsoleerde tragedies nie, maar ʼn nasionale krisis. Agtien mense is die naweek by ʼn taverne in Wedela, Gauteng, doodgeskiet, en tien mense is by ʼn vermaaklikheidsplek in Lwandle, Kaapstad, dood. Verlede week…
Na aanleiding van verbintenisse wat die regering op die Dag van die Namibiese Kind gemaak het, word daar 'n beroep op die regering gedoen om hierdie verbintenisse na te kom. Ingrid Husselmann, voormalige Kinderadvokaat en tans hoof van die Ombudsman se kantoor, sê dat die beskerming en bemagtiging van kinders…
Na aanleiding van die onlangse kuberaanvalle op openbare instellings soos die Ministerie van Verdediging en die Namibië-lughawemaatskappy, word instellings aangemoedig om hul interne kontroles vir inligtingsekuriteit te hersien en te versterk. Mufaro Nesongano, woordvoerder van Namibië se span vir die hantering van kuberveiligheidsvoorvalle, sê die enkripsie van sensitiewe data, gereelde…
Unam se gemeenskapsbetrokkenheidsprogram, Unam Cares, het internasionale erkenning van die Wereld Voedsel- en Landbou-organisasie ontvang vir sy bydrae tot "One Health" of Een Gesondheid in landbouvoedselstelsels. Die programhoof, professor Rachel Freeman, sê die erkenning beklemtoon inisiatiewe wat praktiese, innoverende en volhoubare benaderings tot gesonder en meer veerkragtige gemeenskappe toon:
President Donald Trump van Amerika ontken berigte dat hy aangebied het om sommige sanksies teen Iran op te hef en fondse vry te stel in ruil vir toegewings oor kernkrag. Amerikaanse en Iranse amptenare het gister afsonderlik met bemiddelaars beraadslaag in ʼn hernude poging om die sewe maande lange vyandelikhede…
Die president van die Suid-Afrikaanse Reserwebank, Lesetja Kganyago, waarsku ʼn groot kuberaanval kan die volgende ernstige wêreldwye finansiële krisis veroorsaak. Hy het gister in Johannesburg die hoofrede oor Afrika en geopolitiek gelewer by die derde forum van die Mapungubwe Institute for Strategic Reflection. Kganyago sê toenemende wanorde wêreldwyd, aangedryf deur…
Die polisie in Gauteng sê 'n man wat verdink word van die moord op 'n 23-jarige vrou gisteroggend in Tembisa, is dood aangetref in sy voertuig in Midrand. Boitumelo Gift Mashita is tydens 'n beweerde rooftog doodgeskiet, terwyl sy op pad werk toe was. Polisiewoordvoerder Brenda Muridili sê die man…
Landboukundige Wallie Roux waarsku teen paniek-vleisaankope deur die publiek, wat gelei het tot 'n tekort aan rooivleis by kruidenierswinkels en slaghuise reg oor die land ná die bek-en-klouseer uitbreking. Roux sê dit lei tot prysstygings van ander produkte, soos hoender. Hy het meer.
Die Suid Afrikaanse minister van Internasionale betrekkinge en samewerking, Ronald Lamola, sê rassisme en verwante onverdraagsaamheid kan nie deur staatsoptrede alleen uit die weg geruim word nie. Hy het deelgeneem aan 'n hoëvlakvergadering van die Verenigde Nasies om die 25ste herdenking van die aanvaarding van die Durban-verklaring en -aksieplan te…
Die omgewingsministerie sê Namibië het sy laagste vlak van renosterstropery in meer as 'n dekade in 2025 aangeteken. Volgens amptelike syfers is 'n totaal van 43 renosters is verlede jaar regoor die land gestroop, wat 'n daling van meer as 50 persent in vergelyking met 2024 aandui. Omgewingsminister Indileni Daniel…
Iran se minister van Buitelandse Sake, Abbas Araghchi, sê sy land is gereed om gevegte teen Amerika te hervat, maar bly ook gewillig om te onderhandel. President Donald Trump het Teheran se voorstel die naweek verwerp dat die Straat van Hormoes binne sewe dae sal heropen indien sy voorwaardes aanvaar…
29 Sep 2AM
1 min
360 – 380
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.