Reaksie kom in oor die Namibiese Groenwaterstofprogram wat op wankelrige voet is weens finansieringstekorte en geen bevestigde regeringsbevondsing nie. Dr. Chris Brown, die uitvoerende hoof van die Namibiese Kamer van die Omgewing, wat voorheen kritiek op die groenwaterstofbedryf uitgespreek het, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat. Hy sê ‘groen’ projekte…
Die regering word aangespoor om die ontwikkeling van die informele sektor te prioritiseer. Die sektor dra 12 persent tot die nasionale BBP by en bied 'n lewensonderhoud vir byna 60 persent van die bevolking. Maar die sektor betaal nie belasting nie. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus, het stigters-lid…
Prokureur Richard Metcalfe het kommer uitgespreek oor die sloerstaking deur landdroste, en waarsku dat dit toegang tot geregtigheid kan ondermyn. Metcalfe sê landdroste, as grondwetlike beskermers van die laerhowe, loop die risiko om die regte wat hulle moet beskerm, te belemmer. Hy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat sommige…
Die Amerikaanse president Donald Trump het sy kritiek op die voorsitter van die Federale Reserweraad, Jerome Powell, verskerp omdat hy nie rentekoerse verlaag nie. Trump het tydens 'n Saoedi-Arabië-gesteunde beleggingsforum in Washington die Tesourie-sekretaris, Scott Bessent, aangespoor om die soektog na 'n opvolger vir Powell, wie se termyn as voorsitter…
Die vakverbond Cosatu vra die Suid-Afrikaanse Reserwebank om werkers en die ekonomie ʼn blaaskans te gee en die terugkoopkoers vandag met minstens 50-basispunte te verlaag. By die Reserwebank se mees onlangse vergadering van sy Monetêre Beleidskomitee in September, is die basiese terugkoopkoers op sewe-persent behou. Cosatu-woordvoerder Matthew Parks sê verhogings…
Die Marokkaanse spelers, Achraf Hakimi en Ghizlane Chebbak, is by die CAF-toekennings in Rabat onderskeidelik aangewys as Afrika se man- en vroue-sokkerspelers van die jaar. Verdediger Hakimi het ʼn uitstekende seisoen beleef met vyf trofeë vir Paris Saint-Germain, onder meer die klub se eerste Kampioeneliga-kroon. Chebbak is die eerste Marokkaanse…
Die GOOD Party sê dis totaal onvanpas van Suid-Afrika om diè wat die onverwagte aankoms van 153 Palestyne verlede week in land gereël het, te kritiseer. Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê die vlug wat die vlugtelinge vervoer het, was deel van 'n duidelike agenda om…
Die Vryheidsfront Plus het burgemeester van Ekurhuleni, Nkosindiphile Xhakaza, gekritiseer omdat hy 5 miljoen Suid-Afrikaanse rand bestee het aan G20-maatskaplike beraadlokale sonder begrotingsgoedkeuring terwyl inwoners verbrokkelende dienste moet verduur. Dit sluit in langdurige kragonderbrekings, watertekorte, rioolstortings en onverwyderde vullis. Jennifer Glover sê die party eis duidelikheid oor die befondsingsbron, die…
Die Britse minister van Verdediging, John Healey, sê sy land se magte is deur lasers getref terwyl hulle ʼn Russiese spioenasieskip, die Yantar, dopgehou het naby die Verenigde Koninkryk se waters noord van Skotland. Die vaartuig samel intelligensie in en karteer ondersese kabels. Dis die tweede keer vanjaar dat die…
Reaksie word ontvang op die swak werk van die nuwe parlement, wat in agt maande net die begroting deurgevoer het, en niks anders nie. Dit was swakste vertoning sedert onafhanklikheid, van waar prestasie aanhoudend gedaal het. Die president het in Maart 11 wetsontwerpe belowe en blameer die opposisie vir vertragings…
Die Verenigde State het aan die Suid-Afrikaanse regering geskryf en hom gewaarsku om nie ʼn G20-verklaring uit te reik sonder dié land se teenwoordigheid by die naweek se leiersberaad in Johannesburg nie. Amerika boikot die beraad en sê hy sal enige uitkoms wat as ʼn G20-konsensusposisie voorgehou word, blok omdat…
Saai waarsku dat Suid-Afrika se regulerende liggaam het vir meer as 'n dekade misluk, met registrasievertragings van meer as ses jaar, wat noodsaaklike kunsmis, oplossingsmiddels en entstowwe blokkeer. Francois Rossouw van die organisasie sê dit bedreig boere se voortbestaan, dieregesondheid en voedselsekerheid. Rossouw sê Saai eis 'n volledige verslag oor…
Die president van Ghana, John Mahama, beklemtoon Afrika moet soewereiniteit oor sy natuurlike hulpbronne terug eis om die welstand van sy mense te verseker. Hy het tydens die Verenigde Nasies se 80ste Algemene Vergadering, vandag se ongelykhede verbind aan slawerny, kolonialisme en eeue van ontginning en noem slawehandel 'n misdaad…
'n Toename in olifant-aktiwiteite word opgemerk in sekere dele van die land. Boere kla oor hulle infrastruktuur wat beskadig of verwoes word, terwyl hulle nie genoegsame hulp van die owerhede kry nie. Die diere is veral vernietigend as hulle nie water kry nie. Kosmos 94.1 Nuus het met professor Helmke…
Die landdroste se sloerstaking dryf Oshana se reeds oorvol polisieselle tot breekpunt, met polisiebevelvoerder kommissaris Naftal Sakaria wat waarsku dat oorbevolking gevaarlik geword het. Hy sê sommige van die streek se selle, wat vir 130 aangehoudenes gebou is, is nou volgepak met byna 270 mense omdat daar te min landdroste…
'n Besluit oor brandstofpryse word volgende week verwag, en alle tekens dui op 'n onveranderde Desember. Ten spyte van Opul-produksieverskuiwings en globale olie-aansporings, sê Cirrus-ekonoom Oliver Diggle dat Brent ru-olie maande lank skaars beweeg het, en 'n sterker rand verlig invoerkoste. Die Padfondsadministrasie se voorgestelde heffingverhoging sal waarskynlik ook nie…
Toerismeminister Patricia de Lille sê Suid-Afrika sal hierdie naweek meer as 42 bevestigde staatshoofde verwelkom vir die G20-leiersberaad. Sy beklemtoon meer as 135 sakegeleenthede en -vergaderings het reeds toerisme in al nege provinsies 'n hupstoot gegee sedert die land die G20-presidentskap oorgeneem het. De Lille sê die sektor het verlede…
Minstens 25 Palestyne is Woensdag dood in vier Israeliese lugaanvalle in 'n deel van Gaza onder Hamas-beheer. Medici sê 10 mense is dood in die Gazastad-voorstad Zeitoun, twee in Shejaia-voorstad en die res in twee afsonderlike aanvalle in Khan Younis. Die Israeliese weermag sê sy magte het Hamas-teikens getref nadat…
Die Lewendehawe en Lewendehawe Produkteraad het die nuutste vleispryse bekend gemaak. Die fokus is op speenkalwers wat hoog in vraag is met aanbod wat laag bly. Die lamsprys is ook baie hoog. Kosmos 94.1 Nuus het met die raad se bemarkingbestuurder, Desmond Cloete, gepraat.
19 Nov 10AM
1 min
380 – 400
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.