Intussen sê die SA Verkiesingskommissie die vaslegging en verifikasie van die plaaslikeregerings-verkiesingsuitslae vorder bestendig regoor die land. Die voorsitter van die Verkiesingskommissie, Mosotho Moepya, sê die verifikasie- en gehalteversekerings-proses is daarop gemik om die akkuraatheid, deursigtigheid en integriteit van die uitslae te verseker voordat dit gefinaliseer word:
Vir Suider-Afrika en ander lande kan ’n Demokraties-beheerde Amerikaanse Kongres groter voorspelbaarheid in Amerikaanse regeringsbesluite meebring. Dit is die mening van plaaslike ontleder Marius Kudumo. Hy wys op die onvoorspelbaarheid van die Trump-administrasie, veral oor handelstariewe, en sê die Demokrate se benadering kan groter sekerheid oor buitelandse beleidsbesluite bring.
Statistiek Suid-Afrika sê elektrisiteitsopwekking het in September met 5,2-persent afgeneem en seisoensaangepaste produksie het 'n geringe maandelikse toename van 0,4-persent getoon in vergelyking met Augustus. Elektrisiteitsverbruik het met 1,5-persent toegeneem vergeleke met dieselfde maand verlede jaar. Op 'n maandelikse grondslag het elektrisiteitsverspreiding met 0,9-persent gedaal. Tsholofelo Ditinti van Statistiek Suid-Afrika…
Die uitvoerende hoof van die Namibiese Landbou-unie, Roelie Venter, sê die organisasie verwelkom die Bank van Namibië se besluit om finansiële verligting aan boere en landboubesighede te bied wat deur bek-en-klouseer en moeilike klimaatstoestande geraak word. Kwalifiserende leners kan hul leningsterugbetalings met tussen een en 24 maande uitstel. Venter sê…
Die Suid Afrikaanse minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, David Maynier, sê ’n mylpaal-resolusie van die Verenigde Nasies sal internasionale pogings versterk om omgewingsmisdaad te bekamp. Die resolusie, wat met die steun van Suid-Afrika ingedien is, sal lei tot die ontwikkeling van ’n internasionale protokol wat fokus op die…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.