
Demokratiese Kongres kan beleidsekerheid bring – Kudumo
Loading player...
Vir Suider-Afrika en ander lande kan ’n Demokraties-beheerde Amerikaanse Kongres groter voorspelbaarheid in Amerikaanse regeringsbesluite meebring. Dit is die mening van plaaslike ontleder Marius Kudumo. Hy wys op die onvoorspelbaarheid van die Trump-administrasie, veral oor handelstariewe, en sê die Demokrate se benadering kan groter sekerheid oor buitelandse beleidsbesluite bring.

