Staatdiensvakbond onthuts oor R2 miljard verdedigingskandaal

Loading player...
Die Vereniging van Staatsamptenare is ontsteld oor die Spesiale Ondersoekeenheid se onthullings van meer as twee-miljard Suid-Afrikaanse rand se onreëlmatige kontrakte in die Departement van Verdediging. Die SOE het onder meer 'n kontrak van 217-miljoen-rand uitgewys vir die verkryging van 'n Alpha-2 Covid-19-teenmiddel van Kuba. Claude Naicker van die vakbond sê onreëlmatige uitgawes van dié omvang ondermyn die moraal van staatsamptenare wat integriteit en diens nastreef:
29 Sep 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Wetstoepassers by waaksaam terwyl SA stem-verwerking voortgaan

Die Nasionale Gesamentlike Operasionele en Intelligensiestruktuur sê wetstoepassingsagentskappe bly waaksaam terwyl die Verkiesingskommissie voortgaan met die tel, verwerking, verifikasie en vaslegging van die plaaslikeregeringsverkiesing se uitslae. Wetstoepassing volg tydens die verkiesing ʼn intelligensie-gedrewe benadering tot bedrywighede en gee veral aandag aan 331 stemlokale in KwaZulu-Natal, die Wes-Kaap, Mpumalanga en Gauteng…
6 Nov 1AM 1 min

Oshana skenk 13 karavane aan polisie

Die goewerneur van Oshana, Hofni Iipinge, het 13 tweedehandse karavane wat voorheen ongebruik by die Oshakati-tussentydse staatshospitaal gestaan het, amptelik aan die streekspolisie oorhandig. Die karavane sal as kantoorruimte en tydelike polisiestasies dien in gebiede wat nie oor permanente polisiestasies beskik nie. In ’n gesprek met Kosmos 94.1 Nuus sê…
6 Nov 1AM 1 min

Oranjemund mik na ekonomiese diversifikasie met Diamantfees

Oranjemund bied van 3 tot 5 Desember sy Diamantfees aan onder die tema van vennootskappe en nuwe geleenthede. Burgemeester Pankratius Kondjamba sê die diamantbedryf het sedert 1936 'n ekonomiese nalatenskap van meer as twee triljoen Namibiese dollar opgebou, wanneer diamante uitgesluit word.
5 Nov 11PM 1 min