Forum for South Africa sê president Ramaphosa se toespraak oor geslagsgeweld bied min nuuts, hoewel die groep die verbintenisse verwelkom. Leier Tebogo Mashilompane sê Suid-Afrikaners het al voorheen beloftes gehoor terwyl vroue steeds sterf. Hy vra besliste optrede om reg-skuiwergate te vul, wetstoepassing te versterk en te verseker dat oortreders…
Old Mutual se korporatiewe afdeling het onlangs sy noordelike forum vir uitnemendheid onder tussenganger-adviseurs in Oshakati aangebied aan meer as 30 deelnemers reg oor die noordelike streke. Old Mutual se Kaarina Nambinga sê finansiële adviseurs en makelaars van Oshakati, Ongwediva, Ondangwa, Opuwo en Outapi was teenwoordig.
Die Israelse eerste minister Benjamin Netanyahu sê dis te gou om weet of Iran by gister se Flydubai-gebeure betrokke was. 'n Medevlieënier op 'n vlug van Dubai na Tel Aviv het die vlieënier in die stuurkajuit met 'n mes gesteek in 'n klaarblyklike poging om die vliegtuig te laat val…
Suid-Afrika het in Augustus meer as 'n miljoen internasionale toeriste verwelkom, 'n toename van 7,4-persent vergeleke met dieselfde maand verlede jaar. Die minister van toerisme, Patricia de Lille, sê die toename dui op 'n sterk belangstelling in Suid-Afrika en behoort gebruik te word om meer werksgeleenthede, beleggings en geleenthede te…
Die Namibiese Statistieke-agentskap het die jongste nasionale projeksies vir vrugbaarheid, mortaliteit, migrasie en bevolking vrygestel. Dit toon dat die land se vrugbaarheidsyfer 'n skerp daling ondergaan het, van 6,1 geboortes per vrou in 1991 tot 4,1 in 2001, en uiteindelik tussen 2011 en 2023 op 3,9 geboortes per vrou gestabiliseer…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.