
SA Jeugwerkloosheidsbeweging bekommerd oor werkloosheid onder jeug
Loading player...
Die Suid Afrikaanse Nasionale Jeugwerkloosheidsbeweging is bekommerd oor kwartaallikse werkstatistiek wat toon dat die aantal werkende mense gedaal het van 10,43 miljoen in Maart tot 10,42 miljoen in Junie – 'n afname van 14-duisend. Woordvoerder Lindokuhle Yende sê elke verlore werksgeleentheid raak inkomste en voortbestaan. Hy is bekommerd dat jongmense struikelblokke ondervind soos beperkte ervaring en 'n moeilike oorgang van skool na werk. Yende vra die regering om te fokus op werkverskaffing en vaardigheidsontwikkeling:

