Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
2632 – 2652

Dowes in Namibië kry 'n toep

Die Namibiese Gebaretaal –toep word vandag amptelik by die Walvisbaai Munisipaliteit se stadsaal bekendgestel . Die toep is ontwikkel in vennootskap met die Namibië Nasionale Vereniging van Dowes en die Konrad-Adenauer-stigting. Kosmos 94.1 se Francois Lottering is daar en het met Claudia Gossouw van die stigting gesels.
24 Sep 2025 3AM 1 min

Kaapstad se inwoners moet sê oor ontwikkelings

Die Stad Kaapstad dring aan dat inwoners moet deelneem aan die opstel van 'n Plaaslike Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk vir Kensington en Factreton langs die Voortrekkerweg-korridor. Die raamwerk is 'n riglyn vir die metro wanneer hulle besluite neem oor ontwikkelingsaansoeke en grondgebruike in die gebied. Die onderburgemeester en burgemeesterskomiteelid vir Ruimtelike Beplanning…
24 Sep 2025 2AM 1 min

Swartbooi ontevrede met NBC se skikking met staande komitee

Die NBC se omstrede bonusuitbetaling van 5,4 miljoen Namibiese dollar is terug in die kollig. LPM-leier Bernadus Swartbooi sê hy sal op 2 Oktober 'n mosie in die parlement ter tafel lê om die wettigheid van 'n skikking tussen die NBC direkteur-generaal en die Speaker uit te daag. Die skikking…
24 Sep 2025 2AM 1 min

Botswana wil meerderheidsbelang in De Beers verkry

Botswana se president Duma Boko beoog om teen die einde van volgende maand 'n ooreenkoms te voltooi om 'n meerderheidsbelang in De Beers te verkry, selfs terwyl sy administrasie en ander potensiële kopers voortgaan met onderhandelinge met die diamantmaatskappy se beherende aandeelhouer. Anglo American Plc wil sy 85 persent belang…
24 Sep 2025 1AM 1 min

Macron moet wag vir Trump se motorkade

Selfs presidente is onderworpe aan die ergernisse van die verkeer in New York, soos die Franse president Emmanuel Macron laat Maandag uitgevind het toe 'n polisiebeampte in die stad hom verhoed het om die straat oor te steek weens Amerikaanse president Donald Trump se motorkade. Macron het Trump van die…
24 Sep 2025 1AM 1 min

Boorgatregistrasies: Schlettwein beklemtoon nakoming vir bronbeskerming

Grondeienaars word herinner aan die finale sperdatum van 31 Oktober vir die registrasie van boorgate en damme, kragtens die Wet op Waterhulpbronbestuur. Die Wet, wat op 29 Augustus 2023 in werking getree het, het aanvanklik 'n oorgangstydperk van 18 maande toegelaat wat in Februarie 2025 geëindig het. Dit is met…
24 Sep 2025 1AM 1 min

Speenkalwers in hoë aanvraag

Speenkalfpryse styg voor die feestyd. Desmond Cloete, bemarkingsbestuurder by die Lewendehawe- en Lewendehaweprodukteraad, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat gemiddelde speenkalfpryse verlede maand met twee Namibiese dollar gestyg het, met diere wat tot 42 kilogram gewig opgetel het. Ten spyte van 'n skerp daling van 73 persent in algehele…
24 Sep 2025 12AM 1 min

Sankwasa kyk na verordeninge rakende informele handelaars

Die ministerie van stedelike ontwikkeling is besig om munisipale verordeninge te hersien om te verseker dat informele handelaars in Windhoek en ander dorpe wettig erken en beskerm word. Die lynminister, James Sankwasa, sê die besluit kom in reaksie op voortdurende spanning tussen straatverkopers en wetstoepassing. Die handelaars dra meer as…
24 Sep 2025 12AM 1 min

Oproep op SARB om rentekoers te verlaag

Die Vereniging van Staatsamptenare doen 'n beroep op die Suid-Afrikaanse Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee om 'n rentekoersverlaging tydens sy laaste vergadering in November te oorweeg. Die Reserwebank het verlede week die repokoers onveranderd op sewe-persent gelaat, terwyl die prima uitleenkoers op 10,5 persent bly. Claude Naicker van die staatsdiensvakbond sê…
23 Sep 2025 11PM 1 min

Trump vaar uit by die VN, oor die VN

Amerikaanse president Donald Trump het in 'n byna uurlange toespraak in die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering, in plaas van die aangewese 15 minute, te velde getrek teen die wêreldliggaam, lande wat Palestina as 'n staat herken en 'n reeks ander kwessies. Hy het soms aanvegbare stellings gemaak, soos toe…
23 Sep 2025 11PM 1 min

Finansiële stres 'kniehalter werkers'

Finansiële stres word 'n stille krisis in Namibiese werkplekke, met die 2024 Old Mutual Financial Services Monitor wat onthul dat meer as die helfte van werkende Namibiërs sukkel om kop bo water te hou. Volgens Ashante Manetti, stigtings- en kleinhandelbemarkingsbestuurder by Old Mutual Namibia, bly hierdie stres nie by die…
23 Sep 2025 11AM 1 min

Joburg kyk na nywerheidsparke vir SME-groei

Die Stad Johannesburg se Departement van Ekonomiese Ontwikkeling sê pogings om die metro as 'n spilpunt vir ekonomiese groei te posisioneer, duur voort, insluitend die ontsluiting van die potensiaal van nywerheidsparke. Die burgemeester Dada Morero het 'n teiken gestel om die metro se ekonomie met drie persent te laat groei,…
23 Sep 2025 11AM 1 min

Film- en kreatiewe stad in pyplyn vir Namibië

Die regering het planne aangekondig om 'n film- en kreatiewe stad te ontwikkel. Die projek sal ontwikkel word as 'n spesiale ekonomiese sone, wat 'n omvattende reeks dienste sal bied. Die fokus sal wees op sleutel subsektore, insluitend mode-ontwerp, musiek en uitvoerende kunste, filmvervaardiging, sowel as tegnologie en innovasie. Die…
23 Sep 2025 10AM 1 min

Goud tref nuwe rekord, 'kan nog styg'

Die prys van goud het vanoggend bo 3 780 Amerikaanse dollar per fynons verhandel en rekordhoogtes bereik. In vergelyking met 'n jaar gelede het die prys van goud met amper 43 persent gestyg. Kosmos 94.1 Nuus het met die ekonoom Chris Hart gesels wat sê dat stygende inflasie, markwisselvalligheid en…
23 Sep 2025 10AM 1 min

Wees geduldig oor nuwe ambassadeurs, maan Ngurare

Die kontroversie oor president Netumbo Nandi-Ndaitwah se ambassadeursaanstellings hou aan om debat in die parlement te veroorsaak. Kritici, insluitend PDM-leier McHenry Venaani, het die keuses as stamgebonde en gebrekkig aan inklusiwiteit gekritiseer, met bewerings dat 7 uit 10 van die onlangs aangesteldes uit die noorde kom. In 'n reaksie vanmiddag…
23 Sep 2025 10AM 1 min

Wetgewing op pad teen kuberbedrog

Namate die land sy verskuiwing na 'n volledig digitale betaalstelsel versnel, neem kommer oor kubermisdaad ook toe. In reaksie hierop sê die minister van inligting- en kommunikasietegnologie, Emma Theofelus, dat die regering nuwe wetgewing voorberei wat daarop gemik is om verbruikers teen aanlynbedrog te beskerm. Theofelus waarsku vanoggend by die…
23 Sep 2025 9AM 1 min

Internasionale Strafhof kla Duterte aan, lê klem op onpartydigheid

Die Internasionale Strafhof het die gewese Filippynse president Rodrigo Duterte van drie klagte van misdade teen die mensdom aangekla. Die 80-jarige Duterte word daarvan beskuldig dat hy tussen 2013 en 2018 onregstreeks aanspreeklik was vir die moorde op meer as 76 mense tydens sy sogenaamde dwelmoorlog. Hy is sedert Maart…
23 Sep 2025 9AM 1 min

DA maak alarm oor haglike olifantbestuur in Madikwe

Die DA in Noordwes doen 'n beroep vir dringende optrede en sê riglyne oor olifantbestuur by die Madikwe-wildreservaat word blatant deur provinsiale owerhede verontagsaam. Dit volg na die Noordwes-parke- en toerismeraad en die provinsiale regering na bewering ses ononderhandelbare riglyne van die Parlement se portefeuljekomitee oor Bosbou, Visserye en Omgewing…
23 Sep 2025 8AM 1 min

Los Pumas 'n gevaarlike span: Bok-hulpafrigter

Rugby: Die Springbokke se hulpafrigter Tony Brown, sê dit is noodsaaklik dat die span vir tagtig minute voluit teen Argentinië moet speel om die gewenste resultate te kry. Suid-Afrika kom in hulle voorlaaste Rugbykampioenskap wedstryd teen Los Pumas Saterdag in Durban te staan. Al vier die deelnemende spanne, die Wallabies,…
23 Sep 2025 8AM 1 min
2632 – 2652