
SAPD trek meer as 16 000 verdagtes in 'n week vas
Loading player...
Die polisie het meer as 16 000 verdagtes landwyd in die laaste week van die feestyd tydens Operasie Shanela in hegtenis geneem. Arrestasies sluit verdagtes in wat met moord, verkragting, dwelmhandel, onwettige immigrasie en ernstige roof verbind word. Verskeie deurbrake is in Gauteng, KwaZulu-Natal, die Wes-Kaap en ander provinsies aangemeld. Polisiewoordvoerder Amanda van Wyk sê die operasie het feestydmisdaad 'n groot knou toegedien en gehelp om gemeenskappe veiliger te hou:

