
Mantashe loop deur na aanmerkings oor Suid-Afrikaners
Loading player...
Die minister van Minerale en Petroleum Hulpbronne, Gwede Mantashe, word gekritiseer ná sy opmerking dat Suid-Afrikaners te afhanklik van die staat geword het. Mantashe het in ʼn onderhoud met die SABC gesê die ANC-regering se beleid het traagheid bevorder waar landsburgers verwag die regering moet hul probleme oplos. Hy sê groter burgerlike deelname behoort die land te help om sy potensiaal te bereik:

