
Zim jeugorganisasie vestig homself plaaslik
Loading player...
Intercontinental Youth Connect, 'n jeuggeleide organisasie met sy hoofkwartier in Zimbabwe wat toegewy is aan leierskap, diplomasie en Pan-Afrikaanse samewerking, het sy formele teenwoordigheid in Namibië aangekondig. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het die organisasie se ambassadeur in Namibië, Tjipura Tjipura, gesê die stap dui op 'n sterk verbintenis tot die bevordering van jeugdiplomasie, leierskapsontwikkeling, innovasie en entrepreneurskap onder jongmense in die land.

