
Baanbrekende plaaslike navorsing bring verstommende uitslae
Loading player...
Die Namibiese Natuurstigting gaan voort met sy navorsing by die Kunene-riviermond vir die heel eerste Namibiese studie oor groenseeskilpad-gedrag en bevolkingspatrone. Kosmos 94.1 Nuus het met navorser Francois Theart gesels vir 'n opdatering oor die projek wat in November verlede jaar afgeskop het. Theart onderstreep die belangrikheid van die Kunene-delta vir die seeskilpaaie.

