
Kaap meld 25 padsterftes in 7 dae aan
Loading player...
Die Wes-Kaapse Departement vir Mobiliteit sê 25 padsterftes is tussen 29 Desember 2025 en 4 Januarie vanjaar op die provinsie se paaie aangemeld. In dieselfde tydperk is 88 mense gearresteer waarvan 65 vir dronkbestuur was. Verkeersvolumes bly hoog terwyl inwoners en besoekers binne en buite die provinsie ná die vakansie huiswaarts keer. LUR Isaac Sileku sê terwyl wetstoepassing noodsaaklik bly, is gedragsverandering die belangrikste manier om verdere lewensverlies te voorkom:

