Die DA het die onderskepping van vier Chinese vissersvaartuie vir ongemagtigde toegang tot Suid-Afrika se territoriale waters verwelkom. Die vaartuie is binne 12 seemyl van die KwaZulu-Natalse kus, en later langs die Oos-Kaapse kuslyn, opgespoor. Na die onderskepping is die kapteins van die vaartuie 'n administratiewe boete van 400 000…
Speurders van die Wes-Kaapse teen-bendegeweldeenheid ondersoek 'n skietvoorval in Kalksteenfontein in Bishop Lavis, Kaapstad, waarin drie mense dood en vier gewond is. Polisiewoordvoerder Novela Potelwa sê sewe mans het buite 'n huis sit en drink toe drie mans op hulle afgery en lukraak op die groep begin skiet het. Potelwa…
Die Wes-Kaapse LUR vir kultuursake en sport, Ricardo Mackenzie, verwelkom die provinsiale regering se toewysing van 15 miljoen rand vir voorbereidings vir volgende jaar se eendag-Wêreldbekertoernooi vir mans. Die toernooi word in Suid-Afrika, Zimbabwe en Namibië gespeel. Mackenzie sê die toegekende fondse sal gedeel word tussen Boland Krieket en die…
Die minister van bosbou, visserye en die omgewing, Willie Aucamp, sê vier vissersbote onder die Chinese vlag is onderskep toe hulle Suid-Afrika se eksklusiewe ekonomiese sone en gebiedswaters sonder die nodige magtiging binnekom het. Hulle is binne 12 seemyl van die KwaZulu-Natalse kus opgemerk en is later langs die Oos-Kaapse…
Die Britse eerste minister sê hy het ’n fout gemaak om Peter Mandelson aan te stel as ambassadeur in Amerika. ’n Agtergrondondersoek oor Mandelson se aanstelling wat hierdie week vrygestel is, toon daar was weens sy verhouding met pedofiel Jeffrey Epstein, ’n risiko dat sy reputasie beskadig kon word. Volgens…
Die omgewingministerie se adjunk-uitvoerende direkteur vir natuurlike hulpbronbestuur, Colgar Sikopo, het by die Regeringsinligtingsentrum praat oor die Gemeenskapsgebaseerde Natuurlike Hulpbronbestuur (CBNRM) konferensie wat vir later vandeesmaand geskeduleer is. Die konferensie sal belanghebbendes, ontwikkelingsvennote en nie-regeringsorganisasies bymekaarbring om hulpbronbestuur kwessies in die land te bespreek. Tydens die inligitngsessie het Colgar uiteengesit…
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag sê hy is besig om in samewerking met die polisie in vyf provinsies te ontplooi om toenemende geweldsmisdaad, bendebedrywighede en onwettige myn-aktiwiteite te bekamp. Die provinsies is Gauteng, die Wes- en Oos-Kaap, Noordwes en die Vrystaat. ’n Weermagwoordvoerder, Mpho Mathebula, sê die ontplooiing is deel van…
Gesondheidsminister Esperance Luvindao het die nuut-aangestelde lede van die Namibiese Medisyne Reguleringsraad drie maande gegee om hul belange te verklaar. Die raad is gemagtig om onder andere medisyne te registreer, en vervaardigers en groothandelaars te lisensieer. Die minister sê die verklaring van belange is noodsaaklik vir deursigtigheid.
President Cyril Ramaphosa het die parlement verseker die aanbevelings van die Madlanga-kommissie sal geïmplementeer word. Die kommissie ondersoek misdaad, politieke inmenging en korrupsie in die strafregstelsel. In sy antwoord op mondelinge vrae in die nasionale vergadering het Ramaphosa gesê regsprosesse is reeds aan die gang om diegene wat geïmpliseer word,…
Namibiërs is die josie in nadat video's op sosiale media verskyn het van 'n Russiese toeris wat in die verlate huise by Kolmanskop slaap. Die toeris het 'n eenmantent in 'n huis vol sand opgeslaan en kan gesien word terwyl hy homself verfilm. Kosmos 94.1 Nuus het met toergids Joseph…
Die IPC se skaduminister van Internasionale Betrekkinge en Handel, Rodney Cloete, het vrae aan die parlement gerig oor Namibië se brandstofsekerheid te midde van stygende oliepryse. Cloete oefen druk op die energieministerie uit vir duidelikheid oor die land se strategiese brandstofreserwes en die bestuur van die Nasionale Oliebergingsfasiliteit, veral die…
Die Rundu-stadsraad staar 'n krisis in die gesig met meer as 330 miljoen Namibiese dollar wat aan NamWater geskuld word. Die skuld het gelei tot waarskuwings oor moontlike waterrantsoenering terwyl die raad ingryping van die lynministerie soek. Kosmos 94.1 Nuus het met Olavi Nathnael, die dorpsraad se uitvoerende hoof gepraat,…
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê 'n hittegolf met rekord-hoë temperature teister die Namakwa-distrik in die Noord-Kaap en die Wes-Kaap, met temperature van meer as 44 grade Celsius in sommige gebiede. In Kaapstad en omliggende gebiede is die hoogste temperature vir Maart in meer as 'n dekade aangeteken. Die senior weervoorspeller, Stella…
Die veeartsenydepartement het ‘n verbod op die invoer van gesplete hoef-diere en hul produkte uit Botswana aangekondig, na bek-en-klouseer in die land bevestig is. Die produkte sluit in dié vir persoonlike of huishoudelike gebruik. Die verbod het onmiddellik in werking getree. Die landbouministerie se woordvoerder, Romeo Muyunda, verduidelik.
Die Hooggeregshof in Pretoria het uitspraak voorbehou oor die Inligtingsreguleerder se aansoek om verlof tot appèl teen die uitspraak wat toelaat dat matriekuitslae gepubliseer word. Die hof het voorheen bevind die gebruik van eksamennommers beskerm leerders se privaatheid en dien ook die openbare belang. Alana Bailey van AfriForum sê hulle…
Namibië sal Afrika se eerste millimeter-golflengte radioteleskoop huisves nadat 'n kontrak onderteken is om met die konstruksie van die Africa Millimeter Telescope te begin, wat deel sal vorm van die globale Event Horizon Telescope-netwerk. Die teleskoop sal naby die HESS-sterrewag by Gamsberg gebou word. Die ligging bied hoë hoogte, 'n…
Die parlement debatteer steeds die 2026/27-begroting en PDM-president McHenry Venaani het dit as herhalend en stagnant beskryf. Hy sê hoewel maatskaplike besteding belangrik is, moet die regering kyk na meer ontwikkelingsbesteding as dit werkloosheid wil aanspreek. Venaani sê die landbousektor speel 'n sentrale rol en moet meer aandag kry.
Arbeidsdeskundige Herbert Jauch waarsku teen sommige werkgewers se vrystelling van die minimumloon van 18 Namibiese dollar per uur wat deur die lynministerie voorgestel is. Dit kom na 'n verklaring deur die ministerie dat die wet werkgewers wat finansiële of operasionele probleme ondervind, toelaat om aansoek te doen vir toestemming om…
Namibië het lof van die Afrika-eweknie-oorsigmeganisme ontvang vir sy pogings om jeugwerkloosheid aan te pak. Dit is in terme van 'n geteikende oorsigverslag wat in 2017 opgestel is en hervormings in onderwys, tegniese opleiding, jeugbefondsing en waardetoevoeging in landbou aanbeveel. Die regering sê vordering sluit in die stig van 'n…
12 Mar 10AM
1 min
1152 – 1172
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.