SANW ontplooi in vyf provinsies teen bendegeweld

Loading player...
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag sê hy is besig om in samewerking met die polisie in vyf provinsies te ontplooi om toenemende geweldsmisdaad, bendebedrywighede en onwettige myn-aktiwiteite te bekamp. Die provinsies is Gauteng, die Wes- en Oos-Kaap, Noordwes en die Vrystaat. ’n Weermagwoordvoerder, Mpho Mathebula, sê die ontplooiing is deel van ’n gekoördineerde ingryping deur die groepering vir Justisie, Misdaadvoorkoming en Sekuriteit. Die doel is om die betrokke gemeenskappe te bestendig en misdaadsindikate in brandpunte te ontwrig:
13 Mar 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Trump hou vol Iran soek vrede

President Donald Trump van Amerika hou vol Iran wil ʼn ooreenkoms sluit. Hy het Maandag gesê sy administrasie het baie goeie en produktiewe besprekings met Teheran gehad om vyandighede in die Midde-Ooste heeltemal te staak. Iran se ministerie van Buitelandse Sake sê egter daar is geen onderhandelinge tussen Teheran en…
24 Mar 1AM 1 min

Steenhuisen bly oor SAHPRA-goedkeuring van BKS-spuite

Die minister van Landbou, John Steenhuisen, verwelkom die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte se vinnige ingryping om 6 miljoen Dollvet-entstofdosisse teen bek-en-klouseer in te voer. Dit volg nadat ʼn Artikel 21-permit Vrydag vir 2 miljoen dosisse uitgereik is, terwyl nog twee permitte vir die orige 4 miljoen dosisse uitgereik sal word…
24 Mar 1AM 1 min

Kenner sê oor kuberveiligheid

Kubermisdaad neem toe in die land en volgens kenners gaan dit nie beter word nie. Na die Namibiese Lughawensmaatskappy se voorval verlede week het die maatskappy laat weet die aanval is onder beheer. Volgens die mees onlangs opdatering het die misdadigers amper 500 gigabyte se data in besit geneem. Kosmos…
24 Mar 1AM 1 min

Iran-oorlog: O wee vir rentekoerse

Suid-Afrika sal na verwagting Donderdag sy rentekoersbesluit aankondig, met ontleders wat geen rentekoersverlaging verwag nie te midde van onsekerheid weens spanning in die Midde-Ooste. Die land se repokoers staan tans op 6,75 persent, effens hoër as Namibië se 6,50 persent. Plaaslike ekonoom Gabriel Erastus sê inflasie sal waarskynlik onder die…
24 Mar 12AM 1 min