
'Aanbevelings van Madlanga-kommissie sál geïmplementeer word'
Loading player...
President Cyril Ramaphosa het die parlement verseker die aanbevelings van die Madlanga-kommissie sal geïmplementeer word. Die kommissie ondersoek misdaad, politieke inmenging en korrupsie in die strafregstelsel. In sy antwoord op mondelinge vrae in die nasionale vergadering het Ramaphosa gesê regsprosesse is reeds aan die gang om diegene wat geïmpliseer word, in hegtenis te neem. Hy beklemtoon die regering is daartoe verbind om op te tree op grond van die kommissie se bevindinge om die oppergesag van die reg te versterk:

