
Starmer sê Mandelson was 'n fout
Loading player...
Die Britse eerste minister sê hy het ’n fout gemaak om Peter Mandelson aan te stel as ambassadeur in Amerika. ’n Agtergrondondersoek oor Mandelson se aanstelling wat hierdie week vrygestel is, toon daar was weens sy verhouding met pedofiel Jeffrey Epstein, ’n risiko dat sy reputasie beskadig kon word. Volgens die verslag is Mandelson ingelig oor sensitiewe materiaal van die ministerie van buitelandse sake voor die amptelike keuringsproses afgehandel is. Starmer sê hy aanvaar persoonlik verantwoordelikheid vir die aanstelling:

