
Medisyneraad het drie maande om belange te verklaar
Loading player...
Gesondheidsminister Esperance Luvindao het die nuut-aangestelde lede van die Namibiese Medisyne Reguleringsraad drie maande gegee om hul belange te verklaar. Die raad is gemagtig om onder andere medisyne te registreer, en vervaardigers en groothandelaars te lisensieer. Die minister sê die verklaring van belange is noodsaaklik vir deursigtigheid.

