GROOTfm 90.5 #JouMenseMyMense

#JouMenseMyMense

Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie.

GROOTfm 90.5 en SPAR sê “Jou mense is my mense”!

Kuier elke Dinsdagoggend om 10:10 saam en hoor of Lindie Strydom ‘n ouma met ‘n cupcake verras, ‘n dogtertjie in die hospitaal besoek of vir die karwagte ‘n sakkie kruideniersware neem.

GROOTfm 90.5 se #JouMenseMyMense en sáám is ons beter, word met trots geborg deur SPAR.
Weekly Afrikaans South Africa Technology · TV & Film
264 Episodes
72 – 92

Jou Mense My Mense- Ouma Maggie

Ouma Maggie Joubert is op die 19de Mei 1920 in Pietersburg gebore. Sy woon al vir meer as 50 jaar in Pretoria. Haar gunsteling mens nog ooit is haar oorle man! Toe ons haar vra wat sy naam was, toe se sy, sy het hom nooit op sy naam genoem…
2 Jun 2021 3 min

Jou Mense My Mense saam met SPAR – Wanneer staal buig

Alfreda Le Roux het staal in haar bloed, maar hierdie staal het gebuig. Voor die grendelstaat het Alfreda Le Roux ‘n suksesvolle besigheid gehad waarin sy ou klimrame koop, dit regmaak en weer vir ‘n kompeterende prys verkoop. Soos baie, het sy nie verwag die inperking gaan so groot invloed…
25 May 2021 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Petri en sy ‘Rolls-Royce’

Ria Smit het aan ons ‘n epos gestuur waarin sy ‘n hulpkreet rig namens haar 57-jarige broer, Petri Nortje. Petri is n Tipe 1 diabeet en het in Oktober 2017 sy regterbeen verloor as gevolg van gangreen. Hy was ‘n nagskof veiligheidswag toe hy in ‘n geroeste staal-spyker getrap het…
18 May 2021 5 min

Jou Mense My Mense saam met SPAR – ‘n Glimlag vir Rochelle Lotter

Petro Lotter is ‘n enkelmamma van twee pragtige dogters – Gizelle, 9-jaar, en Rochelle, 13 maande oud. Rochelle is op 7 April 2020 gebore in Petro se suster, Ronel, se kar – tydens vlak 5 van die inperking. Klein Rochelle is gebore met PP-sindroom (Popliteal Pterygium Sydrome), wat veroorsaak dat…
13 May 2021 19 min

Jou Mense My Mense Saam Met SPAR – Jakes en Anna de Vos

As jy ‘n ‘scooter’ op die N4 stoot met jou CV agterop, en jou kinders en vrou weet nie daarvan nie… Dit was ‘n baie emosionele oomblik toe Jakes de Vos met ons meedeel dat hy hierdie vanaf verlede jaar doen net nadat hy sy werk by ‘n suksesvolle kontrakteursmaatskappy…
6 May 2021 21 min

INTIEM ONDERHOUD 20 APR 2021

Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.
30 Apr 2021 19 min

INTIEM ONDERHOUD 18 APR 2021

Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.
30 Apr 2021 9 min

INTIEM ONDERHOUD 25 MRT 2021

Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.
22 Apr 2021 15 min

INTIEM ONDERHOUD 19 MRT 2021

Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.
22 Apr 2021 16 min

INTIEM ONDERHOUD 18 FEB 2021

Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.
22 Apr 2021 32 min

INTIEM ONDERHOUD 13 APR 2021

Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.
22 Apr 2021 18 min

INTIEM ONDERHOUD 11 FEB 2021

Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.
22 Apr 2021 26 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n Hulpkreet uit Hermanstad

Hannelie van Deventer het ons met ‘n hulpkreet genader. Sy en haar 10-jarige dogter woon in Hermanstad. Op die ouderdom van 52, werk Hannelie tans 4 ure per dag en 7 dae ‘n week as ‘n tuisversorger, maar smag na iets meer permanent. Sy verdien slegs R1 000 per maand…
7 Apr 2021 8 min

#JMMM met SPAR: Skholiwe – ‘Believe in the unseen’

In Augustus 2018 het Lindie Strydom en die span van GROOTfm 90.5, SPAR en Big Box containers – in samewerking met SA Cares for Life – ses Big Box Containers geverf met die hoop om vir ongeveer 170 kinders van die gemeenskap van Plastic View/City ‘n klaskamer te gee. Vandag,…
31 Mar 2021 8 min

#JOUMENSEMYMENSE 24 MAART

Juan Fourie is normaal gebore op 19 Maart 1992. Op die ouderdom van 2, het sy ma hom na ‘n kinderarts toe geneem wat hulle toe verwys het na ‘n spesialis dokter by die Universiteit van Pretoria. Hulle het verskeie toetse gedoen, omrede Jaun heelwat later as die ander kinders…
25 Mar 2021 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Rus in vrede in MOOI

Die egpaar, Eben en Zelda Havenga, wat saam met hul twee seuns, op ‘n kleinhoewe in die omgewing van Andeon, Pretoria Wes woon, was verlede jaar in ‘n finansiële uitdaging gedompel nadat Eben sy werk as ‘n kontrakwerker in optiese vesel verloor het. Die gesin, moes hulle trots sluk en…
17 Mar 2021 11 min

JMMM - Woensdag 10 Maart

Wikus, Adel en Jonathan Dean Rossouw woon aan die voet van die Magalies-berge, in ‘n een-vertrek hout huisie. Toe Adel swanger was met Jonathan, het sy urienweg-infeksie opgedoen, wat veroorsaak het dat Jonathan serebraal gestrem is. Hy is ‘n sterk seun met onwillekeurige bewegings, wat dit moeilik maak vir Pa…
10 Mar 2021 10 min
72 – 92