JMMM - Woensdag 10 Maart

--:--
Wikus, Adel en Jonathan Dean Rossouw woon aan die voet van die Magalies-berge, in ‘n een-vertrek hout huisie. Toe Adel swanger was met Jonathan, het sy urienweg-infeksie opgedoen, wat veroorsaak het dat Jonathan serebraal gestrem is. Hy is ‘n sterk seun met onwillekeurige bewegings, wat dit moeilik maak vir Pa Wikus om te werk. Hy moet sy vrou, Adel met Jonathan help.
Hierdie gesin is gelukkig. Hulle toestande is vir baie nie ideaal nie, maar hulle sê ‘ons is nou in die bos, waar dit stresvry is’. Hulle het groot planne om inkomste te genereer, en leef tans op ‘n klein fooi wat hulle vir Jonathan se toestand ontvang. Met die inkomste, maak hulle eers seker dat Jonathan genoeg formule-melk het – die kalsium-aanvulling help met sy beendigtheid. Jonathan dra ook volwasse doeke, wat maandeliks vir ‘n groot uitgawe sorg.

‘Hoe bly mens so?’, het ons vir onsself afgevra. En besef, soos hulle hul storie deel, dat dit wat vir ons haaglik is, is vir hulle huis. Careson Angel, ‘n liefdadigheidsorganisasie onder leiding van Carlene en Werner Smith, ontferm hulle oor die Rossouw-gesin. Hulle kan die gesin nie noodwendig uit hulle omstandighede haal nie, maar hulle, en ons, is in staat om hulle omstandighede te verbeter.
Die GROOTfm 90.5 span het vir hulle blikkieskos en formule-melk geneem. Careson Angel het toiletware en hondekos geskenk. En veearts, Dr Amy Sawyer, het vir die honde vitamiene, ontwurmingspille en hondekos gegee.

Hoekom? Want ons het ‘n verantwoordelikheid om Sy liefde uit te leef en aan almal te bewys. Aan almal, wat net soos ons, perfek geskape is, met ‘n doel. Sodat hulle ook, teenoor ander, van Sy liefde kan getuig.
10 Mar 2021 Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

JMMM 21 SEP

Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie. GROOTfm 90.5…
2 Oct 2023 5 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Dié hoop beskaam nie…

Madelein Bonthuys het vir ons ‘n epos gestuur rakende ‘n vriendin wat deur groot trauma is verlede jaar, net voor Kersfees. Wanda, haar seun en dogter, het hulle geliefde pappa en man aan die dood afgestaan. Die proses was geweldig traumaties, en, alhoewel hy ‘n diabeet was wat uitdagings met…
22 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n “Attitude of Gratitude”

Dis hoe Lalie Reyneke elke oggend wakkerword… Lalie Reyneke is ‘n buitengewone mens. Ondanks groot trauma wat sy die afgelope jaar beleef het, en nog steeds doen, is sy ‘n sprankel, ‘n inspirasie en ‘n onblusbare vlam! Sy sê die volgende: “Ek is meestal positief, maar glo my... ek huil…
16 Nov 2022 14 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Moedeloos, maar nie hoop(e)loos nie!

Terwyl ons gesels met ‘n mamma en vrou wat tans baie swaar dra, omsien na vyf familie-lede en opofferings ten koste van haarself maak, sit ‘n pappa en huil, ‘n skoonma wat ondersteun, haar eie ma wat bedlêend is as gevolg van dementia en diabetes, en ‘n 12-jarige wat vir…
9 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Morelife

Hoeveel van ons het nie al immigreer of dit oorweeg nie? Vir die vooruitsig van ‘n ‘beter lewe’ nie? Dis presies wat Morelife gedoen het toe hy vroeër vanjaar sy vrou en dogter in Zimbabwe agtergelaat het vir ‘n beter toekoms, nie vir hom nie, maar vir sy vrou en…
1 Nov 2022 11 min