Jou Mense My Mense saam met SPAR – ‘n Glimlag vir Rochelle Lotter

--:--
Petro Lotter is ‘n enkelmamma van twee pragtige dogters – Gizelle, 9-jaar, en Rochelle, 13 maande oud. Rochelle is op 7 April 2020 gebore in Petro se suster, Ronel, se kar – tydens vlak 5 van die inperking.

Klein Rochelle is gebore met PP-sindroom (Popliteal Pterygium Sydrome), wat veroorsaak dat sy ‘n haaslippie het. Hierdie sindroom het ook die ontwikkeling van haar bene affekteer, en kan sy dit op hierdie stadium nie reguit maak nie.

Petro bly tans by haar ouers, en haar suster Ronel is ook baie betrokke. Die gesin het verlede jaar, na Rochelle se geboorte, ondersoek gedoen na ‘n operasie vir Rochelle, maar die staatshospitale wat hulle gekontak het, se operasies was beperk as gevolg van die pandemie.

Ronel het ons gekontak en met ons gedeel wat die talle uitdagings behels. Onder meer dat Rochelle besig is om tande te sny en dat sy uit ‘n spesiale bottel moet drink – omdat haar mondjie heeltemal misvorm is. Die gesin is ook bekommerd dat die huidige toestand van haar mond later haar spraak kan affekteer en benadeel.

Rochelle moet tans ma Petro se voltydse aandag geniet, aangesien sy ook glad nie op haar rug kan lê nie, en dit tot verstikking kan lei. Ma Petro kan dus nie bekostig om te werk nie, en oorleef tans op ‘n Sassa-toelaag. Sy woon by haar ouers in Grootvlei.

Petro en haar ouers is ook tans beperk wat die generering van ekstra fondse betref, omdat hulle al die beskikbare fondse vir Rochelle se benodighede en basiese behoeftes gebruik word.

Andrea Dos Santos, Suzanne de Beer en Dr. Sharan Naidoo is die direkteure en stigters van hierdie nie-winsgewende organisasie wat nie net fondse insamel vir operasies nie, maar ook waardevolle bewusmaking doen rondom gesplete lippe en verhemeltes. Dr. Naidoo gee sy vaardigheid en tyd pro bono en as ‘n span maak hulle ‘n vir-altyd-glimlag moontlik vir ‘n gesin wat dit andersins nie sou kon bekostig nie.
13 May 2021 Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

JMMM 21 SEP

Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie. GROOTfm 90.5…
2 Oct 2023 5 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Dié hoop beskaam nie…

Madelein Bonthuys het vir ons ‘n epos gestuur rakende ‘n vriendin wat deur groot trauma is verlede jaar, net voor Kersfees. Wanda, haar seun en dogter, het hulle geliefde pappa en man aan die dood afgestaan. Die proses was geweldig traumaties, en, alhoewel hy ‘n diabeet was wat uitdagings met…
22 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n “Attitude of Gratitude”

Dis hoe Lalie Reyneke elke oggend wakkerword… Lalie Reyneke is ‘n buitengewone mens. Ondanks groot trauma wat sy die afgelope jaar beleef het, en nog steeds doen, is sy ‘n sprankel, ‘n inspirasie en ‘n onblusbare vlam! Sy sê die volgende: “Ek is meestal positief, maar glo my... ek huil…
16 Nov 2022 14 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Moedeloos, maar nie hoop(e)loos nie!

Terwyl ons gesels met ‘n mamma en vrou wat tans baie swaar dra, omsien na vyf familie-lede en opofferings ten koste van haarself maak, sit ‘n pappa en huil, ‘n skoonma wat ondersteun, haar eie ma wat bedlêend is as gevolg van dementia en diabetes, en ‘n 12-jarige wat vir…
9 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Morelife

Hoeveel van ons het nie al immigreer of dit oorweeg nie? Vir die vooruitsig van ‘n ‘beter lewe’ nie? Dis presies wat Morelife gedoen het toe hy vroeër vanjaar sy vrou en dogter in Zimbabwe agtergelaat het vir ‘n beter toekoms, nie vir hom nie, maar vir sy vrou en…
1 Nov 2022 11 min