Jou Mense, My Mense saam met SPAR – Eleos sopkombuis bring Hoop, Woord en Waarheid

--:--
Ek dink aan Mattheus 4:4 wat sê: “'n Mens leef nie net van brood nie, maar van elke woord wat uit die mond van God kom’. Dit is presies wat by Eleos se sopkombuis gebeur. Daar is soveel meer as ‘n kospakkie en glasie koeldrank. Ons gesels met Tannie Susan Cornellius wat die sopkombuis as ‘n hawelose bygewoon het. En nou? Nou werk sy as vrywilliger daar. Sy spreek ‘n skare mismoed toe, en haar hoof boodskap: ‘Kry die Here in julle lewe! Laat Hom toe om julle te help en te inspireer.’ Estelle van Eleos is volgende aan die woord, en Sy herinner ons dat Hy vir ons almal die kruis gedra het. Dat ons betekenisvol en waardevol is.

Ek vra vir almal dieselfde vra, en hulle antwoorde stem ook ooreen. Hulle almal sê met die grootste oortuiging hulle weet die Here is vir hulle lief. Dat Hy hulle nooit sal verlaat nie. Dat hulle weet hierdie is nie die lewe wat Hy vir hulle wil hê nie. Hulle weet dit alles. Hulle weet net nie hoe om hieruit te kom nie.
Die skare sit nog vir ‘n rukkie onder die bome op die Nederduitse Hervormde Kerk Daspoort se terrein – en probeer alles waaraan hulle pas herinner is, in te neem. Hulle vaar weer terug na hulle omstandighede toe, met die hoop om eendag aan die anderkant van hierdie sopkombuis te staan. Mag ons mekaar aanhou herinner aan die waarheid, sodat daar uiteindelik nie plek is vir die leuen van minderwaardigheid, hopeloosheid en verwerping om te manifesteer nie.
21 Apr 2021 Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

JMMM 21 SEP

Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie. GROOTfm 90.5…
2 Oct 2023 5 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Dié hoop beskaam nie…

Madelein Bonthuys het vir ons ‘n epos gestuur rakende ‘n vriendin wat deur groot trauma is verlede jaar, net voor Kersfees. Wanda, haar seun en dogter, het hulle geliefde pappa en man aan die dood afgestaan. Die proses was geweldig traumaties, en, alhoewel hy ‘n diabeet was wat uitdagings met…
22 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n “Attitude of Gratitude”

Dis hoe Lalie Reyneke elke oggend wakkerword… Lalie Reyneke is ‘n buitengewone mens. Ondanks groot trauma wat sy die afgelope jaar beleef het, en nog steeds doen, is sy ‘n sprankel, ‘n inspirasie en ‘n onblusbare vlam! Sy sê die volgende: “Ek is meestal positief, maar glo my... ek huil…
16 Nov 2022 14 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Moedeloos, maar nie hoop(e)loos nie!

Terwyl ons gesels met ‘n mamma en vrou wat tans baie swaar dra, omsien na vyf familie-lede en opofferings ten koste van haarself maak, sit ‘n pappa en huil, ‘n skoonma wat ondersteun, haar eie ma wat bedlêend is as gevolg van dementia en diabetes, en ‘n 12-jarige wat vir…
9 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Morelife

Hoeveel van ons het nie al immigreer of dit oorweeg nie? Vir die vooruitsig van ‘n ‘beter lewe’ nie? Dis presies wat Morelife gedoen het toe hy vroeër vanjaar sy vrou en dogter in Zimbabwe agtergelaat het vir ‘n beter toekoms, nie vir hom nie, maar vir sy vrou en…
1 Nov 2022 11 min