#JMMM met SPAR: Skholiwe – ‘Believe in the unseen’

--:--
In Augustus 2018 het Lindie Strydom en die span van GROOTfm 90.5, SPAR en Big Box containers – in samewerking met SA Cares for Life – ses Big Box Containers geverf met die hoop om vir ongeveer 170 kinders van die gemeenskap van Plastic View/City ‘n klaskamer te gee.
Vandag, na drie jaar, vier ons die deursettingsvermoe, dryf, Dawidshart en liefde van Sanet Fagan en SA Cares for Life! Ons vier Sy woord en waarheid! Sy planne wat onstuitbaar is! Dat gee nie om hoe dor en droewig ‘n vooruitsig mag lyk nie, Sy hand en hart EN PLAN sal seëvier!
Ja, die inwoners van Plastic View se omstandighede en huislike toestande is nie ideaal nie, en ons kan dit nie verander nie. Maar, ons kan hulle leer en bemagtig om dit te verander. Ons kan ‘n generasie jongmense leer dat daar vir hulle beter en meer is. Dat daar vir hulle ‘n lewe van voorspoed in oorvloed wag. Ons kan vir ‘n gemeenskap in moedeloosheid en armoede gedompel wys wat rykdom regtig beteken. Wys wat die ware omvang van Jesus se Kruisdood is. Ons kan min doen, maar ons KAN lig bring. Lig, deur Hom daargestel. So, kom ons doen dit. Nie ter wille van enigiets of enigiemand nie. Ter wille van Hom, wat ons eerste liefgehad het.
Plastic View, ons vier julle nuwe skool. Ons vier elke onderwyser wat hierdie kinders met soveel passie en deernis dien. Ons vier elke ouer wat hierdie skool en die opvoedkundige geleentheid wat hulle kind gegun word, omhels. Ons vier Big Box Containers, SPAR en jou Lindie Strydom, wat destyds met hierdie projek begin het.
Laaste, maar nie die minste nie, ons vier jou, Sanet Fagan en jou span van SA CARES for Life. DANKIE dat jy – met jou wapenrusting aan – bly staan en bly glo het! Vandag, kan jy dans! Ons vier Hom, wat die hoof fasiliteerder van verskilmaak is! Ons vier Hom wat jou, Sanet en span, toegerus het om ‘n gemeenskap te mobiliseer en te bemagtig om uit te styg en te floreer, soos Hy ons herinner daaraan dat ons meer as oorwinnaars is deur Hom wat ons liefhet. (Rom 8:30)
31 Mar 2021 Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

JMMM 21 SEP

Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie. GROOTfm 90.5…
2 Oct 2023 5 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Dié hoop beskaam nie…

Madelein Bonthuys het vir ons ‘n epos gestuur rakende ‘n vriendin wat deur groot trauma is verlede jaar, net voor Kersfees. Wanda, haar seun en dogter, het hulle geliefde pappa en man aan die dood afgestaan. Die proses was geweldig traumaties, en, alhoewel hy ‘n diabeet was wat uitdagings met…
22 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n “Attitude of Gratitude”

Dis hoe Lalie Reyneke elke oggend wakkerword… Lalie Reyneke is ‘n buitengewone mens. Ondanks groot trauma wat sy die afgelope jaar beleef het, en nog steeds doen, is sy ‘n sprankel, ‘n inspirasie en ‘n onblusbare vlam! Sy sê die volgende: “Ek is meestal positief, maar glo my... ek huil…
16 Nov 2022 14 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Moedeloos, maar nie hoop(e)loos nie!

Terwyl ons gesels met ‘n mamma en vrou wat tans baie swaar dra, omsien na vyf familie-lede en opofferings ten koste van haarself maak, sit ‘n pappa en huil, ‘n skoonma wat ondersteun, haar eie ma wat bedlêend is as gevolg van dementia en diabetes, en ‘n 12-jarige wat vir…
9 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Morelife

Hoeveel van ons het nie al immigreer of dit oorweeg nie? Vir die vooruitsig van ‘n ‘beter lewe’ nie? Dis presies wat Morelife gedoen het toe hy vroeër vanjaar sy vrou en dogter in Zimbabwe agtergelaat het vir ‘n beter toekoms, nie vir hom nie, maar vir sy vrou en…
1 Nov 2022 11 min