GROOTfm 90.5 #SlatDieSport met Stephen en Arnold

#SlatDieSport met Stephen en Arnold

Sport analise en ‘n hele lot bog daarby.
Weekly Afrikaans South Africa Sports
240 Episodes
44 – 64

#SlatDieSport 25 Mei 2023 - Adele Broodryk

Ruben Delmage & Arnold Geerdts het met HUB van die Cosmo Groep, Pierre, gesels oor die 10de Cosmo Run. Verder het hulle ook met Adele Broodryk gesels oor die Comrades Marathon.
25 May 2023 36 min

#SlatDieSport 18 Mei 2023 - John-Laffnie de Jager

Leerders van beide Hoërskool Zwartkop en Hoërskool Eldoraigne het kom gesels oor die jaarlikse Classic Clash wat plaasvind. John-Laffnie de Jager het ook kom inloer om te gesels oor die nuwe "IPL" vir tennis genaamd Showdown SA. Luister gerus weer hier as jy dit gemis het.
18 May 2023 49 min

#SlatDieSport 11 Mei 2023 - Jaco Peyper

Ruben en Arnold het op #SlatDieSport met Jaco Peyper gesels oor sy aanstelling en deelname in die rugby wêreldbeker 2023. Hulle het ook verder gesels oor uitdagings wat skeidregters in die gesig staar. Luister weer hier as jy dit gemis het.
11 May 2023 48 min

#SlatDieSport 4 Mei 2023 - Cian Oldknow en Kirsten Neuschafer

Ruben Delmage & Arnold Geerdts het met Cian Oldknow, top baan, landloop en pad atleet gesels oor haar merkwaardige tye wat sy onlangs gehardloop het en toe oorgeskakel Frankryk toe om met die nuwe Globe seiljagwedvaart kampioen Kirsten Neuschafer te gesels. Luister gerus weer hier as jy dit gemis het…
4 May 2023 40 min

#SlatDieSport - Wenners van #DieGROOTTrap 2023

Ruben Delmage & Jacques Erasmus het met die wenners van Die GROOT Trap 2023, Gustav Basson en Cherise Willeit. Verder het hulle gesels oor Dale steyn se betrokkenheid by die mcc. Noord suid derby en verwikkelinge by die Bulls en veel meer. Luister gerus weer hier.
6 Apr 2023 34 min

#SlatDieSport 16 Maart 2023

Charonike en Stephen het gesels oor Ierland se ystergreep op die 6-nasies en in nog rugbynuus hoe die Curriebeker sover ontvou. Vrouekrieket was ook aan die orde van die da gen ons het ook gekyk na die nuutste gebeure in F1 en sokker. Luister hier as jy dit gemis het.
16 Mar 2023 38 min

#SlatDieSport 9 Maart 2023 - Joubert Strydom

Ons het met voormalige provinsiale krieket speler in Protea keurder, Joubert Strydom gesels oor Hansie Cronje, sy pa Steve wat ‘n top skeidsregter was, asook toets krieket in SA. Luister hier as jy dit gemis het
9 Mar 2023 42 min

#SlatDieSport 23 Februarie 2023 - Oscar Chalupsky

Jacques Erasmus en Arnold Geerdts het met Oscar Chalupsky gesels oor sy boek en loopbaan, asook ander opkomende sport gebeure waarna jy kan uitsien. Luister gerus weer hier as jy dit gemis het!
23 Feb 2023 41 min

#SlatDieSport 16 Februarie 2023 - David Kriel & Shanil Mangaroo

Ruben Delmage en Arnold Geerdts het met David Kriel van die Vodacom Bulls as ook bemarkinsbestuurder, Shanil Mangaroo gesels voor die groot Verenigde Rugby Kampioenskap wedstryd teen die Stormers die komende naweek. Luister gerus weer hier as jy dit gemis het.
16 Feb 2023 36 min

#SlatDieSport 9 Februarie 2023 - Rassie vd Dussen en Paul Blackbeard

Ons het met Protea krieket speler Rassie vd Dussen gesels oor die SA20, sy lewe en geloof en die komende toestreeks teen die Windies. Ons het toe met Paul Blackbeard gesels oor sy legendariese loopbaan in swem wat nou 55 jaar lank is, asook die Midmar myl en sy nege…
9 Feb 2023 40 min

#SlatDieSport 3 Februarie 2023

Ruben Delmage & Arnold Geerdts het gesels oor Dane van Niekerk se uitlating uit Protea vrouspan agv fiksheid, Betway SA20, Proteas mans krieket, VRK en Europese kampioenskappe. Luister gerus weer hier.
2 Feb 2023 31 min

#SlatDieSport 26 Januarie 2023 - Dr. Jacques Faul en John-Laffnie de Jager

Ruben Delmage en Arnold Geerdts het met Pretoria Capitals Uitvoerende beampte, Dr. Jacques Faul gesels oor die SA T20 wat tans aan die gang is asook met bekende SA Tennisspeler, John-Laffnie de Jager wat oor Tennis en ook oor die Varsity Cup Rugby wat binnekort begin kom gesels. Luister gerus…
26 Jan 2023 39 min

#SlatDieSport 19 Januarie 2023

Ruben en Stephen het gesels oor die EPCR Heineken Champions cup, Rugby oor die algemeen, Tennis, Krieket en veel meer. Luister gerus weer hier as jy dit gemis het.
19 Jan 2023 28 min

#SlatDieSport 12 Januarie 2023 - Wayne Ridden

Ruben Delmage en Arnold Geerdts het met die wedren orgraniseerder van die Midmar Myl, Wayne Ridden gesels. Verder het hulle gekyk na die VRK Rugby toernooi, die Heineken Champions Cup en veel meer. Luister gerus weer hier as jy dit gemis het.
12 Jan 2023 39 min

#SlatDieSport 8 November 2022 - Kim en Tammy

Ruben en Arnie het hulle laaste program vir 2022 aangebied. Kim en Tammy het so bietjie kom gesels oor 'n sport wat bitter vinnig groei in SA genaamd Padel en Corbin Bosch van die Titans het ook telefonies by hulle aangesluit om te gesels oor sy loopbaan asook die KSA…
8 Dec 2022 38 min
44 – 64