Motorsport: Ferrari se spanhoof, Fred Vasseur, het Charles Leclerc beskuldig van 'n gebrek aan respek na sy jongste botsing met sy spanmaat, Lewis Hamilton, in gister se Grand Prix in Las Vegas. Hy het Hamilton se motor getref toe hy hom probeer verbysteek het in 'n stryd om sesde plek…
Okahandja-aktivis Gerub Gaseb het die nuwe, toegeruste ambulans by die Okahandja-staatshospitaal verwelkom. Hy het streeksraadslid Bethuel Tjaveondja geloof vir sy bydrae om een van die regering se 19 nuwe ambulanse vir die distrik te bekom. Die nuwe ambulans sal help om druk op gesondheidsdienste in die distrik, wat sowat 45…
Die Nasionale Raad se voorsitter, Lukas Muha, moedig die publiek aan om raadsittings by te woon en debatte vanaf die openbare galery te volg, midde lae openbare bywoning. Tydens die opening van die derde gewone sessie van die sewende Nasionale Raad het hy beklemtoon dat sittings oop is vir die…
Die voorsitter van die Atoomenergie-beheerraad, Shitaleni Herman, sê die regering se nuwe Kernnywerheidstrategie is daarop gemik om die land se rol in die kernbrandstofsiklus uit te brei. Meer waarde moet ook plaaslik toegevoeg word, eerder as dat rou uraan bloot uitgevoer word. Ná 'n voorlegging van die strategie aan president…
MTC het erkenning ontvang vir sy korporatiewe verslagdoening en as naaswenner in die streekskategorie by die 2026 Chartered Governance Institute of Southern Africa se Geïntegreerde Verslagdoeningstoekennings in Johannesburg geëindig. Die toekennings beoordeel maatskappye se verslagdoening oor onder meer finansiële prestasie, risikobestuur en korporatiewe bestuur. MTC-woordvoerder Erasmus Nekundi het met Kosmos…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.